skip to content

Site in English  

Vorige Produksie Veilings

1 September 2005

Op Lentedag het Konsortium-Merino se negende produksieveiling geblom. Al 131 ramme is teen 'n gemiddelde prys van R4 958 verkoop. Die hoogste prys is op R30 000 toegeslaan en twee ramme is vir die naashoogste prys van R19 000 verkoop.

Boere van Hofmeyr het die hoogste prys van R30 000 vir 'n silwermeriete ram van John Luscombe betaal. Hulle is Tommy Roux van Allemansvlei en sy seuns, Piet en Jakkals Roux, Pierre en Kobus Marais van Vrolikskraal, Johan Froelich van The Pines en Matt Philps van Grootdam. Díe manne het ook die naashoogste prys van R19 000 vir 'n ram van Phil van der Merwe betaal.

Trompsburg se boere, Derek Alexander van Hamelfontein, sy broer, Frans, van Stofkraal, en C.J. Grobbelaar van die plaas Geluk, het ook R19 000 uitgehaal vir 'n ram van Christo Erasmus. Die 775 Merino-ooie op die veiling is teen gemiddeld R622 stuk verkoop.
 

PrysklasGetal ramme verkoop
R1000 - R300026
R3100 - R500064
R5100 - R700031
R7100 - R10 0003
R10 100 - R15 0003
R15 000 +4
Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online