skip to content

Site in English  

Vorige Produksie Veilings

18 Februarie 2010


Op Konsortium-Merino se 18de produksieveiling op die plaas Dombietersfontein, Victoria-Wes, kon boere na hartelus kus en keur tussen die 346 ramme wat aangebied is.

Altesaam is 278 ramme teen ‘n gemiddelde prys van R5 068 verkoop. Die hoogste prys was R20 000 deur Gerio du Plessis van Avontuur, Richmond , betaal. Telma-boerdery van Tarkastad het die naashoogsteprys van R19 000 betaal en twee ramme is vir R17 000 elk verkoop.

Hoffman-boerdery van Dewetsdorp het 23 ramme gekoop en Lourens van der Linde van Wesselsbron is met 19 huis toe.

Die 1 187 ooie op die veiling het gemiddeld R881 stuk behaal. Die hoogste prys was R1 100 per ooi vir ‘n groep dragtige stoetooie. Die veiling is deur KVB, Victoria-Wes, hanteer. Jakkie Nel van Somerset-Oos was die afslaer.

PrysklasGetal ramme verkoop
R1 000 - R3 000124
R3 100 - R5 00090
R5 100 - R7 00058
R7 100 - R10 00028
R10 100 - R15 0009
R15 000+5
Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online