skip to content

Site in English  

Vorige Produksie Veilings

15 September 2009

UITVERKOOP! Al 310 ramme op Konsortium-Merino se 17de produksieveiling op die plaas Dombietersfontein, Victoria-Wes, is teen ‘n gemiddelde prys van R5 199 vir nog ‘n nuwe SA rekordomset vir ‘n Merinoramveiling verkoop.

Die bemarkingstema, Sien is glo, het waar geword. Al die ramme is teen nog beter pryse as voorheen verkoop - tog kon die kuddeboer steeds 150 goeie ramme teen bekostigbare pryse (R3 500 gemiddeld) op die Helmsman-deel van die Konsortium-veiling koop.

Die hoogste prys was R34 000. Dit is deur die broers Hennie en Isak van Heerden, en Jannie Olivier, almal van Victoria-Wes, betaal. Boetie van der Westhuizen en Melt van den Heever van Loxton het saamgespan om ‘n ram teen die naashoogste prys van R28 000 te koop. Al 722 ooie op die veiling is teen gemiddeld R934 stuk verkoop. Die hoogste prys was R1 025 vir Konsortium-goedgekeurde tweetand-ooie.

Dit is die groep se eerste veiling sonder die hulp van ‘n makelaar, nadat BKB in Junie 2009 bekendgemaak het hulle verkies om nie meer KM se veilings aan te bied nie. Die aankondiging is gemaak kort nadat Konsortium-boere se eerste wol aan Segard Masurel gelewer is. Karoo Vleisboere Kooperasie (KVB) van Victoria-Wes het die kans aangegryp om die veiling-administrasie te behartig en Jakkie Nel, Konsortium-Merino se boerementor van Somerset-Oos, was die afslaer.

Kiepie Pienaar van Dewetsdorp meen private inisiatief het geseëvier en die aanvraag was groter as die aanbod. “Die ramme was tops, die veiling is professioneel aangebied en die diens was flink.” Hy was verras deur die talle nuwe kopers op die veiling, wat net wereens bewys Konsortium-Merino wen veld in die bedryf.

Prysklas Getal ramme verkoop
R2000 - R3000  52
R3100 - R5000  139
R5100 - R7000  74
R7100 - R10 000  34
R10 100 - R15 000  6
R15 000 +  5
Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online