skip to content

Site in English  

Vorige Produksie Veilings

19 Februarie 2009

Op Konsortium-Merino se 16de produksieveiling het die telers 311 ramme verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R5 050 vir hul vyfde agtereenvolgende SA rekordomset vir ‘n Merinoramveiling.

Die span het waagmoed aan die dag gelê deur 373 ramme aan te bied in ‘n tyd waarin boere droogte, swak produkpryse en hoë rentekoerse moes trotseer. Die Helmsman-veilingstyl, wat veral in Australië gewild is, is ingespan om díe groot groep ramme op een dag aan te bied. Die hoofdoel was om meer ramme teen bekostigbare pryse aan hul kopers beskikbaar te stel.

Altesaam 154 ramme is oudergewoonte in die skeerhok op Dombietersfontein verkoop. Die hoogste prys was R26 000 deur mnr. Jannie van Wyk van Rooikop-boerdery, Fraserburg, betaal. Daarna het die kopers na buite beweeg waar 219 ramme volgens die Helmsman-styl aangebied is. Dit is ‘n “stil”-veiling waar ramme op grond van tipe en gehalte in groepe van twee, drie en vyf saam aangebied word. Boere kon deurlopend ‘n bod op enige van die krale plaas en op ‘n ander se bod verbeter. Die hoogste bod en kopernommer vir elke kraal was op ‘n bord sigbaar. Die Helmsman-veiling het sowat 'n uur geduur.

Konsortium meen hul waagstuk was ‘n stap in die regte rigting. Hulle gemiddelde prys het van R7 333 (September 2008) na R5 050 gedaal. Kopers het dus daarby gebaat en die span sal beslis voortbou op hul Helmsman-veiling.

Price rangeRams sold
R1 000 - R3 00089
R3 100 - R5 00075
R5 100 - R7 00085
R7 100 - R10 00030
R10 100 - R15 00011
R15 000+8
Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online