skip to content

Site in English  

Vorige Produksie Veilings

4 September 2008

Al 193 ramme is teen gemiddeld R7 333 vir nog 'n nuwe SA rekordomset verkoop. Dit is die vierde agtereenvoplgende veiling waarop Konsortium-Merino die omset vir 'n Merinoramveiling in SA verbeter.

Die kopers Jaco de Bruyn, Ghoemie Human, Jan Swiegers en Stefan Scholtz, almal van Victoria-Wes, het die hoogste prys van R38 000 vir 'n silwermeriete ram betaal. Die naashoogste prys was R20 500 deur Christo Briers Louw van Agter-Paarl betaal.

Die 1 511 ooie op die veiling het gemiddeld R 921 stuk behaal met 'n hoogste prys van R1 500 per ooi vir dragtige handelsmerk-ooie. Dit was die eerste keer dat Konsortium-ooie met spesiale pienk en pers oorplaatjies op die veiling aangebied is. Konsortium-Merino se handelsmerkbestuurders gebruik die oorplaatjies om onderskeid te tref tussen handelsmerk-ooie, goedgekeurde ooie en aanbevole ooie. Besoekers op die veiling was veral beïndruk met die gehalte van die surplus-ooie wat aangebied is.

Prysklas Getal ramme verkoop
R2000 - R3000  4
R3100 - R5000  50
R5100 - R7000  59
R7100 - R10 000  46
R10 100 - R15 000  32
R15 000 +  2
 
 
Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online