skip to content

Site in English  

Vorige Produksie Veilings

6 September 2007

Suid-Afrika se rekordomset vir 'n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het.

Altesaam 187 Konsortium-ramme is almal teen 'n gemiddelde prys van R6 763 vir 'n nuwe rekordomset van R1 264 700 verkoop. Die hoogste prys was R40 000 vir 'n meriete ram. Hy is deur twee boere van Loxton gekoop. Hulle is Melt van den Heever van die plaas Duikerfontein en Boetie van der Westhuizen van De Hoop.

Die naashoogste prys van R36 000 is vir 'n silwermeriete ram betaal. Die kopers is Michael Lord van die plaas Souverein, Hofmeyr en die broers, Lourens van Heerden van Bella Vista, Tarkastad en Albert van Heerden van Van Vuurenshoek, Hofmeyr.

Kort op hul hakke was nog 'n span boere van Hofmeyr, wat 'n silwermeriete ram teen die derde hoogste prys van R34 000 gekoop het. Hulle is Tommy Roux en sy seuns, Piet en Jakkals Roux, Pierre en Kobus Marais, Matt Philps en Johan Froehlich.

'n Baie gelukkige man op Konsortium se 13de veiling was Herman Venter van Philipstown, wat 'n motorfiets, die Honda Bushlander, ryker geword het. Sowat 340 besoekers van oor die land heen het die veiling bygewoon. Die 2 088 ooie is teen 'n gemiddelde prys van R859 verkoop. Die hoogste prys was R1 400 stuk vir dragtige stoetooie.

Prysklas Getal ramme verkoop
R1000 - R3000  10
R3100 - R5000  51
R5100 - R7000  81
R7100 - R10 000  27
R10 100 - R15 000  12
R15 000 +  6
Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online