skip to content

Site in English  

Voordele

Hier is rede genoeg om ‘n Konsortium-ram vir jou stoet of kudde te oorweeg:

  • Konsortium se telersvennootskap haal die raaiwerk uit Merinoteling deur doelgerigte, individuele parings met tot 6000 stoetooie jaarliks, wat ‘n wye keuse van topgehalte verkoopsramme aan die mark verseker.
  • Twee vlagskip-veilings word jaarliks in Februarie en in September op Dombietersfontein aangebied. Sowat 350 - 400 ramme is op elk van die twee produksieveilings te koop.
  • Nog sowat 500 Konsortium-ramme kan jaarliks op die volgende 5 veilings in Januarie en Februarie gekoop word: Felton-veiling, Dordrecht; Suid-Vrystaat veiling, Gariepdam; die Marlow-veiling, Cradock en die Steynsburg-veiling.
  • Slegs die nageslag van top stoetooie, wat met goeie bouvorm- en wol-eienskappe spog, word op veilings te koop aangebied.
  • Besoeke aan honderde kopers die afgelope jare bevestig Konsortium-ramme se positiewe impak op ander kuddes.
  • Kuddeboere is veral opgewonde oor die verbetering van hul tipe (bouvorm & karkas) en wol (mikron, lengte, kwaliteit) sedert hul Konsortium-ramme inspan.
  • Met soveel getuigskrifte in die sak, skroom die Konsortium-span nie om vooruitgang, resultate en gepaardgaande winste met hul Merino te waarborg nie.
  • Díe aanpasbare Merino verseker groei en gevolglik grootte.
  • Vanweë die tipe se beter groeivermoë en vleisbouvorm kan ‘n boer sy Merinolammers vroeër bemark.
  • In normale jare kan ‘n vyf maande oue hamellam op natuurlike veld 18kg tot 20kg aan die hak weeg. (swaarder onder hoër voeding)
  • Die Konsortium-Merino se karkas kompeteer flink met die van vleisrasse.
  • Die dubbeldoel-tipe skakel die behoefte om kruisteling te doen, uit.
  • Konsortium-Merino se vag is ‘n uitvoerproduk van gehalte.
  • Die skaap se wollengte is van só ‘n aard dat ‘n boer elke agt maande ‘n A of goeie B-lengte kan skeer.
  • ‘n Lae mikron, goeie skoonopbrengs en gemaksfaktor verseker verder dat wolkopers ‘n premie vir díe wol betaal.
  • Konsortium-teling verbeter boere se lampersentasies sodanig dat hulle surplusvee het om te verkoop.
  • Die surplusvee is ‘n eenvormige tipe, wat as boerskaap bemark kan word.
  • Die gladdelyf-Merino stel ‘n boer in staat om sy seleksiedruk só te verhoog dat hy sy ooie na slegs vier lam-kere kan verkoop. Slagwaarde word dus in boerwaarde omskep.
  • Die Konsortium-span voeg waarde toe tot hul Merinoproduk deur ‘n raadgewersdiens aan sy boere te bied.
Volgende: Stoetramme
Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online