skip to content

Site in English  
Hoogste prys R80 000

Hoogste prys R80 000

Op Konsortium-Merino se 30ste produksieveiling, 18 Februarie 2016, op die plaas Dombietersfontein, Victoria-Wes, is die ram vir die hoogste prys van R80 000 verkoop. Jacques Strydom Boerdery van Bloemfontein en Hennie van Heerden, Jasfontein, Victoria-Wes, het die topprys betaal. Dit is die duurste ram wat nog op ‘n Konsortium-veiling verkoop is.

Al 337 ramme is teen ‘n gemiddelde prys van R6 151 verkoop. Die 440 ooie het gemiddeld R1 495 stuk behaal, met ‘n hoogste prys van R2 150 per ooi vir dragtige handelsmerkooie. André du Raan van Langford, Hopetown, het hulle gekoop. GWK het die veiling hanteer.

Agter van links staan Willie Meyer, uitvoerende bestuurder: GWK veilings en eiendomme, Gerio du Plessis, Konsortium-Merinoteler, Ncolene van Heerden van Jasfontein-boerdery, Marica Strydom van Jacques Strydom boerdery en Jakkie Nel, afslaer. Thulane Tatebane hanteer die ram.

Sien Alle Nuus

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online