skip to content

Site in English  
Verbeter SA rekord op 32ste veiling

Verbeter SA rekord op 32ste veiling

Op Konsortium-Merino se 32ste produksieveiling op die plaas Dombietersfontein, Victoria-Wes, is die ram vir die hoogste prys van R80 000 verkoop. Mikneiah-boerdery van Johan en Roelof Theron, Murraysburg en Johan Moolman van Dunedin, Beaufort-Wes, het die topprys betaal.

Al 353 ramme is teen ‘n gemiddelde prys van R8 418 verkoop. Hiermee verbeter Konsortium-Merino sy huidige SA rekordomset vir ‘n Merinoramveiling na R2 971 400. Die 554 ooie op die veiling is teen gemiddeld R2 346 verkoop, met ‘n hoogste prys van R2 600 per ooi vir tweetand handelsmerkooie. Astra Deals van Prieska, het hulle gekoop. GWK het die veiling hanteer.

Agter van links: Vetties Esterhuizen, Konsortium-Merinoteler, Hannes Esterhuizen van Segard Masurel Wolmakelaars, Jakkie Nel, afslaer, Roelof Theron en Johan Moolman, kopers en Sarel Cilliers, GWK bedryfshoof: Kimberley. Vuvi Tatubane hanteer die ram.

Sien Alle Nuus

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online