skip to content

Site in English  
Geloof soos wol

Geloof soos wol

Konsortium-Merino het een van sy 100% trots Suid-Afrikaanse wolbaadjies aan Angus Buchan geskenk. Die wol word deur Konsortium-Merinoboere geproduseer, dit word in Port Elizabeth gewas en gekam, die lap word in Worcester geweef en die baadjies in Kaapstad gemaak.

Angus beplan om die stukkie plaaslike boeretrots vir sy oorsese reise in te pak en tydens sy buitelandse optredes te dra. By hom is Jannie Moolman, van die plaas Rusoord, Middelburg, waar die jaarlikse Karoo Mighty Men kongres plaasvind. Die saamtrek sal aanstaande jaar van 25-27 April op Rusoord gehou word.

Sien Alle Nuus

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online