skip to content

Site in English  
Nog 'n skaapspesialis

Nog 'n skaapspesialis

Konsortium-Merino het sy tweede skaapspesialis aangestel. Tommie Calldo sal voortaan saam met Cobus Vivier gehalte by ons boere verseker, sodat die mark met vrymoedigheid Konsortium-genetika, -wol en -vleis koop.

Die raadgewer is hoofsaaklik Konsortium-Merino se handelsmerk-bestuurder. Hy moet die Konsortium-tipe op ons boere se plase vestig en beskerm tot voordeel van almal wat by die Konsortium-familie aansluit. Met behulp van spesiale oorplaatjies identifiseer die raadgewer handelsmerk-ooie, goedgekeurde ooie en Konsortium-slagvee by kliënte en bemark dit assulks. Die raadgewer help boere ook o.m. met ooiseleksie, die keur van ramme en gee raad t.o.v kuddebestuur.

Tommie het voorheen vir CMW gewerk. Hy is ‘n kranige jagter & ongediertekenner. Díe man met ‘n passie vir skaap, is getroud met Nel-Marie en die pa van ‘n nat-nuwe pienkvoet, Alé. Konsortium-Merino is die eerste Merinostoetery in Suid-Afrika om sy eie kliënteraadgewers aan te stel en sodoende waarde tot sy boere se besighede te voeg. Cobus Vivier het reeds in September 2007 begin om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter, dat dit aan die Konsortium-handelsmerk voldoen.

Sien Alle Nuus

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online