skip to content

Site in English  

8ste SA rekord

Konsortium-Merino het op sy 23ste produksieveiling vir die agste keer ‘n nuwe SA rekordomset vir ‘n Merinoramveiling opgestel. Altesaam 285 ramme is teen gemiddeld R6 272 vir ‘n nuwe rekordomset van R1 787 600 verkoop.

Die groep het op 21 Februarie 2007, op hul 12de produksieveiling, vir die eerste keer die SA rekordomset vir ‘n Merinoramveiling verbeter. Hul omset van R1 117 150 was destyds slegs die tweede in die geskiedenis van Merinoramveilings wat deur die R1miljoen-kerf kon breek. Die vorige hoogste was R1 053 050, in 1989, toe 247 ramme van 46 telers teen ‘n gemiddelde prys van R4 263 verkoop is. Sedertdien het Konsortium-Merino die rekord ses keer in ‘n ry verbeter: Februarie 2007, September 2007, Februarie 2008, September 2008, Februarie 2009 en September 2009. Die sewende keer was in Februarie 2012 met ‘n nuwe rekordomset van R 1 632 650.

Op hul 23ste veiling, 6 September 2012, op die plaas Dombietersfontein, Victoria-Wes, het ‘n omset van R1 787 600 die rekordboeke weereens geskud. Konsortium-Merino hou ook die rekord vir die meeste ramme nog op ‘n Merinoveiling verkoop. Dit is 314 ramme wat die groep in September 2010 verkoop het.

Sien Alle Nuus

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online