skip to content

Site in English  
Nuwe rekordprys vir ram

Nuwe rekordprys vir ram

Konsortium-Merino het vanjaar reeds vyf veilings in Januarie en Februarie op ‘n drafstap gehou en die meeste Merinoramme nóg die Herfs onder die Konsortium-handelsmerk aangebied en verkoop. Van die 585 ramme op die veilings aangebied, is 559 ramme teen ‘n gemiddelde prys van R5 560 verkoop. Die hoogste prys was R47 000 vir ‘n ram betaal op die 22ste produksieveiling op die plaas Dombietersfontein, Victoria-Wes. Dit is ‘n nuwe rekordprys vir ‘n Konsortium-Merinoram. Die vorige hoogste was R46 000 in Februarie 2006 betaal.

  • 26 Januarie 2012, eerste veiling saam met Claude Cloete/Felton-Merino op die plaas Felix, Dordrecht. Hoogste prys: R24 000. Altesaam 102 ramme is teen 'n gemiddelde prys van R6 767 verkoop. Die 385 ooie is teen gemiddeld R1 278 stuk verkoop met 'n hoogste prys van R1 500 per ooi vir 4/6-tand ooie.
  • 16 Februarie 2012, Konsortium-Merino se 22ste produksieveiling op Dombietersfontein, Victoria-Wes. Hoogste prys: R47 000. Altesaam 298 ramme is teen ‘n gemiddelde prys van R5 479 verkoop. Meer as die helfte van die ramme (164) is vir R5 000 en minder verkoop, 115 ramme het tussen R5 000 en R10 000 behaal en vir 19 ramme is meer as R10 000 betaal. Die 580 ooie behaal ‘n gemiddelde prys van R1 603, met ‘n hoogste prys van R2 100 per ooi vir ‘n groep dragtige handelsmerkooie.
  • 22 Februarie 2012, Konsortium-Merino se 2de Suid-Vrystaat veiling op Donkerpoort, Gariepdam. Hoogste prys: R11 000. Altesaam 42 ramme is teen ‘n gemiddelde prys van R4 937 verkoop. Die 917 ooie het gemiddeld R1 688 stuk behaal met ‘n hoogste prys van R2 175 per ooi vir ‘n groep dragtige handelsmerkooie.
  • 23 Februarie 2012, Konsortium-Merino & Landbouskool Marlow se sesde gesamentlike veiling by die Marlow-klubhuis, Cradock. Hoogste prys: R14 000. Altesaam 60 ramme is teen ‘n gemiddelde prys van R5 115 verkoop.
  • 24 Februarie 2012, Konsortium-Merino en Hennie Coetzee/Altus Geldenhuis se tweede gesamentlike veiling op Geduldsfontein, Steynsburg. Hoogste prys: R17 000. Altesaam 57 ramme is teen ‘n gemiddelde prys van R4 884 verkoop. Vir die 830 ooie word gemiddeld R1 558 stuk betaal met ‘n hoogste prys van R1 575 per ooi vir ‘n groep dragtige handelsmerkooie.

Meer as 2 700 ooie het op die vyf veilings in Januarie en Februarie 2012 baas gekry.

 

Sien Alle Nuus

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online