skip to content

Site in English  
Groter en beter nasionale slaglamkompetisie

Groter en beter nasionale slaglamkompetisie

Konsortium-Merino het gesorg vir die grootste nasionale Merino slaglamkompetisie wat nog ooit aangebied is. Met MerinoSA se nasionale kompetisie in Beaufort-Wes is 368 lammers ingeskryf waarvan 352 Konsortium-Merinolammers was. Altesaam 98.9% (348) van die KM lammers is as A2 (315) of A3 (33) gegradeer. Mnr. Steve van Schoor van SAMIC sê die KM lammers was van hoogstaande gehalte en meen dit was een van die grootste en beste slaglamkompetisies nog.

“Konsortium-Merino has successfully encouraged the production of high quality red meat with regard to the relevant market needs. Their percentage of A2/A3 illustrates the quality of entries and Konsortium have now set a benchmark that will be difficult to improve. “ Steve van Schoor

KM het skoonskip gemaak en met al die slaglampryse weggestap. Wiese Viljoen van Victoria-Wes, is as die wenner in die individuele karkaskompetisie gekroon. Sy wenkarkas het ‘n punt van 94.5% behaal. George Viljoen van Stutterheim was die naaswenner en Lourens van der Linde van Wesselsbron het die derde plek verdien. Hendrik Botha van Cradock het die beste groep karkasse ingeskryf, met Johan Botha van Trompsburg en Deon Botha van Britstown, kort op sy hakke.

Van Schoor meen Konsortium-Merino het daarin geslaag om top rooivleisproduksie aan te moedig - vleis wat in aanvraag is by die Suid-Afrikaanse verbruiker. Die Nagiah-groep het al Konsortium-Merino se karkasse, wat vir die kompetisie ingeskryf is, gekoop. Die groep, met sewe slaghuise in Gauteng en Durban, verkoop reeds Konsortium-Merinovleis onder die boere se handelsmerk. Dit verdien ‘n premie vir die produsente.

Previous: 1 jaar later

Sien Alle Nuus

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online