skip to content

Site in English  

KM alternatief spaar boere R840 000

‘n Alternatiewe wolbemarkingsroete is vir ons boere beding wat vir hul keuses gee, ‘n premie waarborg en kostes sny.

Vandag het ‘n Konsortium-boer die keuse om sy wol direk aan Segard Masurel Suid-Afrika (SMZA) te lewer vir verwerking in sy meule in Uitenhage, of sy wol op die openbare veiling in die wolbeurs aan te bied.
As gevolg van die laer kommissiestruktuur het produsente, wat hul skeersels die afgelope seisoen deur SMZA bemark het, sowat R560 000 aan bemarkingskoste bespaar. SMZA hef geen baalhanteringsfooie van ons boere nie en dit het tot ‘n verderre besparing van R280 000 gelei.

Alle Konsortium-wol word onder ons handelsmerk in die SMZA veilingkatalogus geïdentifiseer. Vink Venter van SMZA getuig as Konsortium- skeersels opgeveil word, is daar “sommer ‘n oplewing in die wolbeurs”, want ons skeersels se beter kwaliteit, lengte en skoonopbrengs is opmerklik.

Aanvanklik was daar die vrees by sommige rolspelers dat SMZA se direkte opsie die SA wolbedryf verder gaan verdeel, maar Vink sê die teendeel is egter die afgelope seisoen bewys. Produsente wat voorheen deur ander makelaars aan 'n sekere bemarkingsopsie deelgeneem het, se wol is die afgelope seisoen deur SMZA bemark en hul skeersels was weer terug op die veiling in die Wolbeurs - beskikbaar aan al die plaaslike kopers. SMZA is vandag die enigste soomlose organisasie wat wol van die plaas tot in die verwerkte “sliver tops” hanteer. KM is trots op sy bydrae tot díe mylpaal.

Sien Alle Nuus

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online