skip to content

Site in English  
Wolsakpryse tuimel

Wolsakpryse tuimel

Konsortium-Merino se wolsak, met die KM handelsmerk op, het nie net identiteit aan ons wol verleen nie. Die goedkoper prys het behoorlik die rooikat in die skaapkraal losgelaat.

Die KM-wolsak word plaaslik deur BISAS vervaardig en is in Mei 2009 teen sowat R40 goedkoper as die makelaars s’n aan ons boere verskaf. Mediadekking oor die goedkoper sak het die makelaars genoop om hul pryse te verlaag.
As ons in ag neem dat sowat 320 000 sakke per jaar verkoop word @ R40 goedkoper per sak, het Konsortium se inisiatief wolboere landswyd bykans R13 miljoen gespaar.

Sien Alle Nuus

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online