skip to content

Site in English  
Konsortium-Merino wolbaadjie

Konsortium-Merino wolbaadjie

Eersdaags kan ons boere hul eie wolbaadjie dra. Die baadjies word spesiaal van Konsortium-Merinowol met die hand in ons land gemaak. Nie net skep ons werk nie, maar die kuns van kleremakery, ‘n bedryf wat sukkel om te oorleef in Suid-Afrika, word deur die projek aangemoedig.

Twee kleremakers is reeds betrek, wat elkeen sowat een baadjie per dag na die maat van ons manne kan maak. Hul vernuf is buitengewoon en die eindproduk besonders. Hopelik sal ons nog kleremakers vir die projek kan keur sodat ons teen Feb 2011, op ons 20ste produksieveiling, almal ons eie KM wolbaadjie kan koop. Die baadjies sal teen R850 per baadjie, in verskillende materiale beskikbaar wees. Bel vir Nelmarie by 082 307 6921 om joune te bestel.

Sien Alle Nuus

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online