skip to content

Site in English  

Meer as R445 000 bespaar

Konsortium-Merinoboere het sedert Julie 2009 meer as R445 000 aan kostes bespaar deur hul wol aan Segard Masurel Suid-Afrika (SMZA) te lewer.

Vink Venter van SMZA sê die besparing op hantering beloop gemiddeld sowat R114 per baal en in sommige gevalle tot soveel as 2.9% kommissie a.g.v. hoër pryse en die feit dat SMZA 'n plafonprys van slegs R165 kommissie per 150kg baal aftrek. Sowat 8% van die wol is direk aan SMZA gelewer vir verwerking in sy Cape of Good Hope Wool Combers-meule in Uitenhage, en 92% is op die SMZA-veilings aangebied.

“In die wolbeurs word daar 'n positiewe oplewing in die mark opgemerk wanneer ‘n KM skeersel opgeveil word. KM teling voeg inderdaad top wol-eienskappe toe tot die skeersel wat groot finansiële voordele vir die wolprodusent inhou, “ sê Vink. Wolkopers evalueer en waardeer vertoonmonsters voor elke veiling. KM-skeersels se beter kwaliteit, lengte en skoonopbrengs is opmerklik en word ook op die katalogus geïdentifiseer
 

Sien Alle Nuus

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online