skip to content

Site in English  

488 ramme @ gemiddeld R6 701

Konsortium-Merino het vanjaar 488 ramme teen `n gemiddelde prys van R6 701 op vyf veilings onder beskerming van MerinoSA verkoop. Die groep verkoop jaarliks die meeste Merinoramme op amptelike veilings in Suid-Afrika. Sedert hul eerste veiling in 2001, spog hulle met 2 203 ramme teen 'n gemiddelde prys van  R4 852 verkoop.

Op die 15de produksieveiling het die kopers Jaco de Bruyn, Ghoemie Human, Jan Swiegers en Stefan Scholtz, almal van Victoria-Wes, die hoogste prys van R38 000 vir hierdie silwermeriete ram betaal. Die naashoogste prys was R20 500 deur Christo Briers Louw van Agter-Paarl betaal. Al 193 ramme op die veiling is teen gemiddeld R7 333 vir Konsortium se vierde agtereenvolgende SA rekordomset verkoop. Vir die 1 511 ooie op die veiling is gemiddeld R 921 stuk betaal met 'n hoogste prys van R1 500 per ooi vir dragtige handelsmerk-ooie.

Dit was die eerste keer dat Konsortium-ooie met spesiale pienk en pers oorplaatjies op die veiling aangebied is. Konsortium-Merino se handelsmerkbestuurders gebruik die oorplaatjies om onderskeid te tref tussen handelsmerk-ooie, goedgekeurde ooie en aanbevole ooie. Besoekers op die veiling was veral beïndruk met die gehalte van die surplus-ooie wat aangebied is.

Sien Alle Nuus

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online