skip to content

Site in English  
Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...

Hansie Swanepoel van Dewetsdorp: "Ek weet nie waarmee julle besig is nie, maar wat julle ookal doen - ek wil deel wees daarvan."

Pieter Human van Riviersonderend is deesdae trots op die vleiskarkas van sy Merinokudde. Daar word vir hom gevra: "Waar het jy hierdie Vleismerino-ooie gekry?"

Dian Heyns van Oudtshoorn meen Konsortium-Merino het sy kop deurmekaargekrap. "Ek het gedink net Dohne's lyk so!"

Gawie van Deventer van Albertinia sê: "ek moes al lankal by julle uitgekom het. "  As inskrywings vir 'n slaglamkompetisie het agente vier van sy Konsortium-lammers en een van sy Dormer-kruisings gekeur.

JR Schlebusch van Victoria-Wes: "Ek sien die vordering in my skaap."

Op 'n opedag, waar Konsortium-ramme uitgestal is, sê  Henry Moolman van Bedford: "Wanneer is julle veiling. Ek moet daar wees."

Steven le Roux van Caledon, het oppad na 'n jag verdwaal en toe met skeertyd by Dombietersfontein aangery gekom. "Kyk hoe egalig en skoon is julle wol."

Pierre Jooste van Jacobsdal: "Na ek by julle besoek afgelê het, is ek oortuig dis die rigting wat ek moet inslaan."

Frans Alexander van Trompsburg dra 'n stukkie wol in sy sak. Dis van die Konsortium-ram, wat hy in Februarie 2007 teen die hoogste prys gekoop het. Hy spog glo met hierdie wol by almal.

Christo Marais van Edenburg laat weet: "Nou geniet ek my Merino-boerdery."

Abrie le Roux van Smithfield het vir oom Harry en De Wet Vogel tydens skeertyd besoek. "Die Vogels skeer ongelooflike wol."

Derick Erasmus van Stutterheim spog met die goeie wolpryse wat hy behaal. Hy soek net Konsortium se "oopskieters" - ramme wat tipe en mikron aanspreek.

Sien Nuus Argief

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online