skip to content

Site in English  
Verkoop meeste ramme in SA

Verkoop meeste ramme in SA

Konsortium-Merino verkoop jaarliks die meeste ramme op amptelike veilings in Suid-Afrika. Altesaam 1 279 ramme is op tien produksieveilings teen 'n gemiddelde prys van R4 010 verkoop.

Vir 517 (41%) van die 1 279 ramme het Konsortium-ondersteuners slegs R1 000 tot R3 000 betaal. Sowat 41% van die ramme is vir R3 100 tot R5 000 verkoop. Vir 1 043 van die 1 279 Konsortium-ramme (82%) het boere dus R5 000 en minder betaal.

Die hoogste prys wat 'n Konsortium-ram nog behaal het, was R46 000 in Februarie 2006, toe 'n span Oos-Kaapse boere van Hofmeyr en Cradock kragte saamgespan het. Die naashoogste prys was R33 000, deur die broers Piet en Dennis Louw van Jagersfontein betaal.

Die veilings lok kopers landswyd. Hulle kom van sover as Riviersonderend en Uitenhage in die suide, Barkley-Oos en Stutterheim in die ooste, Calvinia in die weste, Memel en Vrede in die noorde, en veral uit die Vrystaat om in díe Merino-lekkerte te deel.

Sien Nuus Argief

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online