skip to content

Site in English  
Tradisie lok kopers

Tradisie lok kopers

'n Lekker Konsortium-Merino tradisie, waarby ons kopers dubbel-en-dwars baat, het die afgelope veilings in gewildheid toegeneem.

Om waarde tot die Konsortium-produk te voeg, draf Phil van der Merwe, stoetraadgewer, op die dag voor elke veiling elke ram se wol- en bouvorm-eienskappe saam met belangstellendes deur. Hy evalueer die ramme ook as stoet - , "selected"-, of kudde-ramme om voornemende kopers in hul keuses te help.

Díe tradisionele besigtiging begin om 16:00 op die Woensdag voor elke produksieveiling. Belangstellendes word uitgenooi om Phil se leersame bespreking by te woon, ′n lekker bord kos te geniet, en saam met die telers te kuier. Diegene wat slaapplek benodig, kan vir Gawie bel by 082 321 3233 of 082 4477 932 om hul nessie vir die aand te bespreek.

Sien Nuus Argief

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online