skip to content

Site in English  
Eerste Poenskop-Merinoveiling

Eerste Poenskop-Merinoveiling

Die eerste uitsluitlik Poenskop-Merinoveiling is op 11 Augustus 2005 in Suid-Afrika aangebied. Konsortium-Merino, tesame met Eddie Prinsloo van Heuningkrans, Smithfield, en Eric Naudé van Leopardsvlei, Richmond, het saamgespan om díe mylpaal-veiling te hou.

Altesaam 58 ramme is vir die eerste Triton Poenskop-Merinoveiling ingeneem, waarvan 33 teen 'n gemiddelde prys van R4 497 verkoop is. Die hoogste prys van R15 500 het aan Konsortium-Merino gegaan. Wikus Bekker van die plaas Geluksdam, Edenburg, was die koper.

Die veiling sal voortaan op die tweede Donderdag in Augustus plaasvind - op dieselfde datum as wat Merino SA se tradisionele Lente-veiling altyd in Bloemfontein aangebied is. Bokkie Kotze, van Jagersfontein, is die projekbestuurder. Die span telers gaan poog om dit 'n jaarlikse instelling te maak.

Sien Nuus Argief

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online