skip to content

Site in English  

Goue ramme is top vaars

Konsortium het 24 goue meriete ramme op hul kerfstok, waarvan 15 onder Suid-Afrika se TOP 60-vaars draf.

Op Desember 2005 se Bayer-ranglys vir ramme in die nasionale Merino-nageslagtoetsskema is vyf van die Konsortium-ramme onder die TOP 20 vaars. Vier ramme: Staal, Bargain, Brille, en Windsor het 'n relatiewe ekonomiese teelwaarde (Rev) van meer as R40.

Goue ramme se teelwaardes word as verwagte nageslagverskille (EPD's) uitgedruk. Dit word op grond van 'n ram se nageslag se prestasie beraam. Die gemiddelde van alle ramme se EPD's is nul. 'n Rev van R40 beteken dus dat 'n ram se nageslag jou R40 (per lam) meer in die sak sal bring as die 19 487+ lammers van al 564 vaars wat al getoets is.

Nageslag van die Konsortium se goue ramme: Windsor en Max, word op 16 Februarie 2006 op die tiende Konsortium-produksieveiling te koop aangebied.

Klik op stoetramme vir foto′s + stambome van díe ramme.

Sien Nuus Argief

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online