skip to content

Site in English  

Ses SA kampioene

Konsortium-Merino, wat roem op sy groter, gladder Merino wat goed groei, het op 2004 se Nasionale Skou vir Gemete Produksie met ses SA kampioene gespog:

  • SA grootkampioenram: algehele voortreflikheid (R/c),
  • SA grootkampioen-ooi: algehele voortreflikheid (R/c),
  • SA grootkampioen-ooi: massa toename (GDT),
  • SA grootkampioen-ooi: liggaamsmassa,
  • SA grootkampioen: groepe van 3 ramme en 3 ooie (liggaamsmassa),
  • SA reserwe kampioen: groepe van 3 ramme en 3 ooie (liggaamsmassa),
  • SA grootkampioen: hoogste linie? punte (algeheel).

Hoewel die Konsortium-Merino minder wol produseer, het díe tipe se groot vleiskarkas, lae mikron en goeie stapellengte vir die beste ram en ooi (wol- en vleis-inkomste gemeet in R/c) op die skou gesorg. John Luscombe, Konsortium-teler, se span van ses ramme en ses ooie het ook die meeste punte vir hul wol- en bouvorm-eienskappe, met die hand-oog-gemeet, ingepalm. Konsortium-Merino lyk dus mooi en sorg vir jou sak!

Sien Nuus Argief

Vorige bladsy  |  Terug na bo  |  Site in English  |  
Powered by Invoices Online