Konsortium bied meer
Teen ‘n jaarlikse fooi van slegs R4 per ooi verskaf die Konsortium-maatskappy ‘n uitgebreide diens en veiligheidsnet aan sy boere. Dit sluit in:
- top Merinogenetika;
- ‘n korting van 10% per ram, op alle Konsortium-Merinoramme aangekoop; Konsortium-kundigheid, wat sal bydra tot finansiële vooruitgang;
- bystand ten opsigte van ooiseleksie, die keur van ramme en bestuur van skaapkuddes;
- toesig oor kuddes se vordering deur ‘n eenvoudige rekenaarmodel, wat die prestasie van kuddes meet, sodat boere weet hoe hulle verbeter;
- ‘n handelsmerk van hoë gehalte wat 'n premie verdien;
- die bemarking van goedgekeurde ooie onder die Konsortium-handelsmerk;
- die bemarking van wol onder die handelsmerk; en
- die toekomstige bemarking van vleis onder die handelsmerk.
Alle wolboere kan van die Konsortium-raadgewersdiens gebruik maak. Die vrywillige kontrak word jaarliks hernieu.
website design & website hosting by