Konsortium-Merino se 1ste Hoëveld veiling:
Donderdag, 4 Maart 2010, om 11:00 op die plaas Palmietfontein, Bethal.
Altesaam 774 ramme van Konsortium-Merino se sowat 1500 ramlammers, gebore in Augustus/September 2008, is vir prestasietoetsing op Biesjesfontein ingeneem. Vyftig ramme is na afloop van die toets in September 2009 na Bethal gestuur, waarvan 42 uiteindelik vir die veiling gekeur is.
website design & website hosting by