skip to content

Saam bied ons meer
http://www.konsortium-merino.com/PageImages/2141898041_370_370.jpg
Teken In





Registreer  |  Vergete Sleutelwoord

Suurveld veiling

Konsortium-Merino se eerste ramveiling in die Suurveld word op 26 Januarie 2012, om 12:00, saam met Felton Merino se 12de produksieveiling aangebied op die plaas Felix, van Claude Cloete, Dordrecht. Altesaam 340 ramme is vir die veiling in drie groepe prestasietoets. Die eerste groep (159 ramme) is in Mei 2010 gebore, en die tweede (132 ramme) en derde groep (49 ramme) het in September 2010 aangekom.

Datum: 26 Januarie 2012 om 12:00

Aanbod: 110 prestasiegetoetsde veldmerinoramme,  waarvan 6 suiwer geteelde Konsortium-Merinoramme

Besigtiging: Vanaf 09:00 op die dag van die veiling.

Katalogus: Die koperskatalogus vir die eerste Felton-veiling sal vanaf 12 Januarie 2012 op ons webwerf beskikbaar wees.


 

Besoek asb. die volgende: