skip to content

Site in English  
  • Hoogste prys R80 000Hoogste prys R80 000 picture

    Op Konsortium-Merino se 30ste produksieveiling, 18 Februarie 2016, is die ram vir die hoogste prys ooit verkoop. Hy het R80 000 behaal.

  • Verbeter SA rekord op 32ste veilingVerbeter SA rekord op 32ste veiling picture

    Al 353 ramme is teen ?n gemiddelde prys van R8 418 verkoop. Hiermee verbeter Konsortium-Merino sy huidige SA rekordomset vir ?n Merinoramveiling na R2 971 400.

  • Belê in ooi-eenhedeBelê in ooi-eenhede picture

    Koop Konsortium Merino ooi-eenhede. Dis 'n veilige belegging in vee, sonder om by die bestuur van 'n boerdery betrokke te raak

  • Verander ratte van prysnemer na prysgewer

    2014-02-13

    Prof. Eckart Kassier het in 1994 reeds voorspel vanjaar gaan net 30 000 boere oor wees. Toentertyd het menige boer gedink die prof is koekoes, maar vandag is ons net soveel. Kwyn is ons voorland as ons nie...

  • Geloof soos wolGeloof soos wol picture

    Angus Buchan dra sy 100% trots Suid-Afrikaanse, Konsortium-Merino wolbaadjie met vreugde.

  • From sheep to shop

    2012-03-28

    Life is like riding a bicycle. To keep your balance, you must keep moving...

View All News  |  View Archived News

Belê in ooi-eenhede

Belê in ooi-eenhede

Koop Konsortium Merino ooi-eenhede. Dis ?n veilige belegging in vee, sonder om by die bestuur van ‘n boerdery betrokke te raak. So gesels Gawie van Heerden, bemarkingsdirekteur van Konsortium-Merino.

Hy sê die afgelope 40 jaar het  vee met tussen 10% en 11% gegroei. Dit is ‘n veilige belegging en kapitale groei word deur die mark bepaal. Die belegger, wat die ooi-eenheid besit, kry ook jaarliks ‘n windeel van 6,5% - 7%.

Deelwins
Die belegger/boer koop ooi-eenhede by Konsortium Operations (KO). 'n Deelwins-boerderyooreenkoms word tussen die belegger en KO gesluit. KO bestuur die boerdery tot voordeel van beide partye. Die ooreenkoms geld vir ten minste drie jaar. Na afloop van die tydperk kan die belegger/boer die ooreenkoms hernu, sy ooi-eenhede se waarde in kontant neem, of die vee vat en self met die skaap gaan boer.

Waarde
Die waarde van 'n ooi-eenheid word deur die ABSA stoorlam mark indikator bepaal. Die belegger sal maandeliks weet wat sy ooi-eenheid werd is. In Januarie 2015 was dit R1 496.38 per ooi-eenheid. ‘n Twaalf maande rollende gemiddelde word altyd gebruik om die waarde te bepaal. "Dit sal dus nooit ‘n goeie of ‘n slegte tyd wees om ooie te koop nie. Koop nou!” motiveer Gawie.

Strukture in plek
KO produseer gehalte vleis, wol en velle. Die uitdaging is om in ooigetalle te groei om meer effektief te boer, kollektief te beding en die kwaliteit produkte in groot hoeveelhede aan die mark te verskaf. Die voetwerk is reeds gedoen en strukture is in plek om van hierdie handelsmerkboerdery 'n sukses te maak.

'n Eenvormige teelbeleid, met praktiese en wetenskaplike boerderypraktyke, word toegepas om top genetika te verseker. Bestuur- en weidingstelsels is in plek en Konsortium-Merino se raadgewers en mentors sorg dat standaarde op al die plase gehandhaaf word - so word kwaliteit verseker. Die boerderyrisiko word tussen al die boerdery-eenhede versprei. Enkelplaas-risiko word dus tot die minimum beperk.

Groei saam
Vandag sit dit nie sommer in enige man se broek om sy boerdery, grond en vee uit te brei nie, want die beursie knyp almal. Hierdie model bied die oplossing en ook geleentheid vir die gemiddelde boer, asook enige ander belegger, om sy boerderybelange stelselmatig uit te brei. Vir die "groot" boer is dit 'n kans om uit te brei, sonder die kopseer van bestuurstelsels. Die boer kan sy surplusvee of kapitaal gebruik om belastingvry uitbreidings te doen.

Uitdaging
Konsortium-Merino se uitdaging is om die ooie so goed te bestuur, dat winsgewendheid verbeter. Soos wat winsgewend verbeter, verhoog die belegger se winsdeel-potensiaal. Dan word ‘n goeie belegging ‘n uitstekende belegging. Winsgewendheid sal ook outomaties verbeter deur kollektief aan te koop, kollektief te bemark en voortdurend waarde tot die handelsmerk toe te voeg. KO is pasmaak vir hierdie uitdagings.

"Soos wat 'n Coke altyd 'n Coke is... so wil ons 'n eenvormige Konsortium-Merino vestig. Jy weet wat jy kry: 'n Aangepaste skaap, wat kwaliteit produkte lewer en vir jou geld in die sak verseker,"  sê Gawie. Amen.

View All News

website design & website hosting by nellen.co.za website engineers