skip to content

Site in English  
  • Hoogste prys R80 000Hoogste prys R80 000 picture

    Op Konsortium-Merino se 30ste produksieveiling, 18 Februarie 2016, is die ram vir die hoogste prys ooit verkoop. Hy het R80 000 behaal.

  • Verbeter SA rekord op 32ste veilingVerbeter SA rekord op 32ste veiling picture

    Al 353 ramme is teen ?n gemiddelde prys van R8 418 verkoop. Hiermee verbeter Konsortium-Merino sy huidige SA rekordomset vir ?n Merinoramveiling na R2 971 400.

  • Belê in ooi-eenhedeBelê in ooi-eenhede picture

    Koop Konsortium Merino ooi-eenhede. Dis 'n veilige belegging in vee, sonder om by die bestuur van 'n boerdery betrokke te raak

  • Verander ratte van prysnemer na prysgewer

    2014-02-13

    Prof. Eckart Kassier het in 1994 reeds voorspel vanjaar gaan net 30 000 boere oor wees. Toentertyd het menige boer gedink die prof is koekoes, maar vandag is ons net soveel. Kwyn is ons voorland as ons nie...

  • Geloof soos wolGeloof soos wol picture

    Angus Buchan dra sy 100% trots Suid-Afrikaanse, Konsortium-Merino wolbaadjie met vreugde.

  • From sheep to shop

    2012-03-28

    Life is like riding a bicycle. To keep your balance, you must keep moving...

View All News  |  View Archived News

Dink GROOT

“Whatever the mind of man can conceive and believe – it can achieve.” Napoleon Hill

In 2013 het Konsortium-Merino ‘n allemintige 891 ramme op ses veilings teen gemiddeld R5 363 onder díe handelsmerk verkoop. Dit is meer as 23% van Merino SA se ramverkope.

Wie sou kon dink dat vier telers, wat in 2001 met 78 ramme op een veiling afgeskop het, die Merinomark mettertyd so sou oorrompel? Die span dink groot. Vandag verkoop die groep die meeste ramme op amptelike veilings in Suid-Afrika en het die SA rekordomset vir ‘n Merinoramveiling reeds agt keer verbeter. Hulle het ook die afgelope seisoen hul SA rekord vir die meeste Merinoramme op een veiling verkoop, na 333 verbeter.

Altesaam 3 657 ramme, gebore uit ‘n groep van sowat 7 000 ramlammers, is vir 2013 se veilings ingeskryf en op natuurlike veldtoestande getoets. Uiteindelik is 986 ramme vir die ses veilings gekeur. Dit is skaars 14% van die oorspronklike groep. “Ons jaag nie getalle nie. Moeder Natuur klas ons skaap en die finale hand-oog-seleksie is streng om gehalte te verseker,” sê Gawie van Heerden, direkteur bemarking van Konsortium-Merino.

Verbeter skaapkudde 
Hy spog met die impak wat Konsortium-Merino landswyd op kuddes maak. So ‘n lekker suksesverhaal is die van Tobie Mostert, van Phillidelphia in die Swartland, wat met sowat 600 Merino-ooie boer.
Vyf jaar gelede het Tobie sy eerste KM-ramme gekoop. Die gemiddelde mikron van sy skeersel was toe 21.5, sy hammellammers is op 13 maande bemark, hy het 40 bale wol geskeer en slegs 120 tweetand-ooie gehad om vir sy kudde te klas.
Vandag is Tobie se skeersel 19.3 mikron, hy bemark sy hammellammers op vier maande (21,2kg aan die hak), hy skeer 49 bale wol en daar was vanjaar 370 tweetand-ooie om van te kies.

Onregverdige voordeel 
Konsortium-Merino meen hul het ‘n onregverdige voordeel. “Die fondament van ons sukses is ons groot genepoel, wat Moeder Natuur klas. As sy haar job behoorlik doen, betaal ons ‘n prys, want baie ramme val deur die sif – maar gehalte word gewaarborg.“
Gawie meen om ‘n poduk te verkoop sonder ‘n handelsmerk, is so goed jy verkoop iets sonder ‘n gesig. Baie energie word dus in die KM-handelsmerk ingepomp. Soveel so, dat die groep mettertyd nie in die vraag na hul wol, vleis en velle  kon voorsien nie.

‘n Boer maak ‘n plan
Koppe is bymekaar gesit en die direkteure van Konsortium-Merino het ‘n houermaatskappy in die lewe geroep, wat in terme van die Maatskappyewet van 2008, vanjaar aandele aan die publiek uitgereik het. Via Konsortium Holdings Beperk kan baie meer boere en ander beleggers nou deel word van die Konsortium-Merino suksesverhaal. Dit bied ‘n geleentheid aan Jan Alleman om in grond en vee te belê, sonder om hom met die alledaagse bestuur van so ‘n bedryf te bemoei.
Hul soeke na ‘n anker-belegger duur voort. Braam Coetzee, direkteur van Konsortium-Merino, sê die kapitaal wat verkry word, gaan deur Konsortium Holdings gebruik word om landbougrond en vee te koop en/of te huur en die boerdery-bedrywighede van die Konsortium só uitbrei. Die mikpunt is om ‘n 20% markaandeel in die Merinobedryf in Suid-Afrika te bereik en mettertyd genoeg wol, vleis en velle te produseer om die plaaslike en buitelandse vraag na Konsortium-Merinoprodukte te voed.

Saam bied ons meer
Die Konsortium-span se passie en entoesiasme vir hul Merino's is aansteeklik. Vermeng dit met ‘n deurdagte besigheidsplan, toewyding en integriteit en jy besef gou hier is ‘n wenresep aan die broei. Hierdie groep het visie. Hulle fokus op die verbetering van die Konsortium-Merinotipe, en die uitbouing van hul handelsmerk om groei en goeie geld vir almal in die Konsortium-familie te verseker.

“Konsortium-Merino wil nie ‘n klein vissie in ‘n groot poel wees nie. “Konsortium-Merino wil nie ‘n groot vis in ‘n klein poel wees nie. Konsortium-Merino wil die eerste vis wees wat op land loop.” Gawie van Heerden

Previous: Geloof soos wol

View All News

website design & website hosting by nellen.co.za website engineers