skip to content

Site in English  
  • Hoogste prys R80 000Hoogste prys R80 000 picture

    Op Konsortium-Merino se 30ste produksieveiling, 18 Februarie 2016, is die ram vir die hoogste prys ooit verkoop. Hy het R80 000 behaal.

  • Verbeter SA rekord op 32ste veilingVerbeter SA rekord op 32ste veiling picture

    Al 353 ramme is teen ?n gemiddelde prys van R8 418 verkoop. Hiermee verbeter Konsortium-Merino sy huidige SA rekordomset vir ?n Merinoramveiling na R2 971 400.

  • Belê in ooi-eenhedeBelê in ooi-eenhede picture

    Koop Konsortium Merino ooi-eenhede. Dis 'n veilige belegging in vee, sonder om by die bestuur van 'n boerdery betrokke te raak

  • Verander ratte van prysnemer na prysgewer

    2014-02-13

    Prof. Eckart Kassier het in 1994 reeds voorspel vanjaar gaan net 30 000 boere oor wees. Toentertyd het menige boer gedink die prof is koekoes, maar vandag is ons net soveel. Kwyn is ons voorland as ons nie...

  • Geloof soos wolGeloof soos wol picture

    Angus Buchan dra sy 100% trots Suid-Afrikaanse, Konsortium-Merino wolbaadjie met vreugde.

  • From sheep to shop

    2012-03-28

    Life is like riding a bicycle. To keep your balance, you must keep moving...

View All News  |  View Archived News

Soveel meer as wat jy verwag

"Hulle is nie so goed soos wat jy gesê het nie, hulle is baie beter," laat weet Koos Meiring van Dewetsdorp, oor sy Konsortium-Merino's. Hy lag lekker, want vir 'n wyle het hy vir Gawie van Heerden, Konsortium-Merinoteler, onkant betrap.

Soos vele eerste kopers op Konsortium-veilings was Koos ook aanvanklik skepties oor die lofsange wat die Konsortium-telers oor hul tipe sing. Maar vandag weet hy dat díe tipe soveel meer bied as wat hy verwag het. Vrugbaarheid, groei, karkas en kwaliteit-wol met lengte.

Konsortium-Merino se grootste getuigskrif is sy tevrede kopers wat keer op keer terugkom vir nog. Jakkie Nel van Somerset-Oos sê hy het nog altyd gedink hy boer op 'n swak plaas, maar deesdae het hy ook lammers wat op sewe maande 40kg weeg. Sy BFH-wollyn is nou 'n AFH-lyn en hy skeer gemiddeld 1kg meer wol per hogget as in die verlede. Wat hom verras is die Konsortium-ramme wat hulle kondisie handhaaf. " Soos wat ek hulle tussen die ooie insit, so haal ek hulle daar uit."

Piet Roux, van Hofmeyr sê hy wens hy kan sy lammers vir almal wys. Hulle spog met sterk, oop koppe en goeie bouvorm.

Joggie van den Berg van Dewetsdorp is nie bietjie trots op sy April-lammers wat hy in November 2004 bemark het nie. Díe span van 700 het 47% uitgeslag en gemiddeld 20,8kg aan die hak geweeg. " Daar is nie 'n vergelyking tussen hierdie skaap en my ou skaap nie."

Deesdae speen hy lammers wat meer as 7kg swaarder weeg as in die verlede. Sy vrugbaarheid en besetting is beter as ooit. Konsortium-teling het sy lampersentasie tot meer as 110% laat styg en "omdat die tipe soveel makliker boer, speen ek ten minste 100% lammers."

Die Konsortium se groter, gladder Merino se grootste kritiek onder sy kompetisie is dat die tipe te min wol skeer. Wat-wou! Joggie sê hy boer deesdae met minder skaap, maar skeer meer wol, omdat hy elke agt maande 'n A- of goeie B-lengte skeer.

"Ek was net so moedeloos soos my skaap. Nou geniet ek my boerdery, sê Stefan Scholtz van Victoria-Wes oor die Konsortium-inspuiting op sy plaas.

Om in die Konsortium-kopers se groter aanvraag te voldoen, werk die span daaraan om meer ramme teen bekostigbare pryse te verskaf.

View Archived News

website design & website hosting by nellen.co.za website engineers