skip to content

Site in English  
  • Hoogste prys R80 000Hoogste prys R80 000 picture

    Op Konsortium-Merino se 30ste produksieveiling, 18 Februarie 2016, is die ram vir die hoogste prys ooit verkoop. Hy het R80 000 behaal.

  • Verbeter SA rekord op 32ste veilingVerbeter SA rekord op 32ste veiling picture

    Al 353 ramme is teen ?n gemiddelde prys van R8 418 verkoop. Hiermee verbeter Konsortium-Merino sy huidige SA rekordomset vir ?n Merinoramveiling na R2 971 400.

  • Belê in ooi-eenhedeBelê in ooi-eenhede picture

    Koop Konsortium Merino ooi-eenhede. Dis 'n veilige belegging in vee, sonder om by die bestuur van 'n boerdery betrokke te raak

  • Verander ratte van prysnemer na prysgewer

    2014-02-13

    Prof. Eckart Kassier het in 1994 reeds voorspel vanjaar gaan net 30 000 boere oor wees. Toentertyd het menige boer gedink die prof is koekoes, maar vandag is ons net soveel. Kwyn is ons voorland as ons nie...

  • Geloof soos wolGeloof soos wol picture

    Angus Buchan dra sy 100% trots Suid-Afrikaanse, Konsortium-Merino wolbaadjie met vreugde.

  • From sheep to shop

    2012-03-28

    Life is like riding a bicycle. To keep your balance, you must keep moving...

View All News  |  View Archived News

Trots Suid-Afrikaanse wolbaadjie

Trots Suid-Afrikaanse wolbaadjie

Konsortium-Merino spog met sy eie suiwer Merinowolbaadjie wat van "sheep to shop" 100% TROTS SUID-AFRIKAANS is. Die Konsortium-Merinowol word in Suid-Afrika geproduseer, gewas, gekam, gespin en geweef en ook hier in koel, liggewig wolbaadjies omskep. Nie net word werk geskep nie, maar waarde toegevoeg tot Suid-Afrika se landbouprodukte.

Die baadjie se klassieke styl is nommerpas vir elke generasie - oud en jonk dra dit met flair. Dit is beskikbaar in vier kleure: Karoo, Staal, Erfenis en Vlaktes.Sover die groep se kennis strek, is dit die enigste manswolbaadjie wat in alle opsigte trots Suid-Afrikaans is. Weens goedkoper buitelandse arbeid word die meeste wolklere wat in Suid-Afrika verkoop word, oorsee gespin en geweef, of die klere daar gemaak. Selfs klere van Suid-Afrikaanse wol maak ‘n draai in die buiteland voordat dit op ons winkelrakke beland, sê Madelaine van Heerden, die dryfkrag agter die baadjie.

Die paadjie wat Konsortium-Merino gestap het om sy eie wolbaadjie te vervaardig, was nie goedkoop of maklik nie - maar beslis die moeite werd, meen sy. Die eerste baadjies is van suiwer nuutwollap, vervaardig deur SA Fine, gemaak. Die maatskappy het egter vanjaar hul deure gesluit en Hextex, in Worcester, het nou die geleentheid aangegryp om die materiaal vir aanstaande jaar se baadjies te maak. Sowat 20 mikron Konsortium-Merinowol word by Segard Masurel se meule in Uitenhage gewas en gekam vir die spin- en weefproses van die materiaal. House of Monatic, in Kaapstad, maak die baadjies vir verkope in mansuitrusters soos Stanwell in Bloemfontein, Coquis by die Centurian, Kollonade en Glen Fair winkelsentrums in Pretoria, De Jagers in onder meer Worcester, Paarl, Stellenbosch, Tygervallei, Oudtshoorn, George, Mosselbaai, en Friedman & Cohen in die Strand.

Menige man wat al vir hom 'n baadjie aangeskaf het, getuig met lof van die wolbaadjie. Dit is hul keuse vir die kantoor, 'n troue, vergadering, die kerk of selfs 'n rugbywedstryd. Dr Faffa Malan, veearts van Pretoria, dra dit na werkswinkels en opleidingseminare. Jurie Taylor, skoolhoof van Beaufort-Wes, geniet dat dit liggewig is en omdat wol kreukeltraag is, altyd netjies lyk. Die Cheetah-rugbyspelers kombineer dit met ‘n netjiese hemp en denimbroek en kry veral komplimente van hul skoner geslag.

Toe Tewis de Bruyn, skrumskakel van die Cheetahs, die eerste keer sy baadjie aangepas het, het hy gesê: “Dis my baadjie dié!” Iets wat die manne met trots na 'n wedstryd kan aantrek. Hawies Fourie, hulpafrigter, sê hy het op ’n Merinoplaas grootgeword en het ook ’n liefde vir Merino’s en vir wol. "Dit is rêrig ’n groot voorreg vir ons om sulke mooi baadjies te kry van só ’n grênd produk.” Juan Smith van die Vrystaat-Cheetahs, sê as boerseun is dit vir hom ’n voorreg om ’n trots Suid-Afrikaanse produk te dra, wat waarde toevoeg tot boere se landbouprodukte en hul onderskei van die res.

“Konsortium-Merino se wolstorie is ‘groen’, en vind veral in Europa byval, waar die verbruiker bewus is van wat hy koop, wat hy dra en wat hy eet…en bereid is om meer te betaal vir ‘n handelsmerk wat in harmonie met die natuur geproduseer word, werk skep en ‘n Code of Best Practises toepas,” sê Madelaine.
 

View All News

website design & website hosting by nellen.co.za website engineers