skip to content

Site in English  
  • Hoogste prys R80 000Hoogste prys R80 000 picture

    Op Konsortium-Merino se 30ste produksieveiling, 18 Februarie 2016, is die ram vir die hoogste prys ooit verkoop. Hy het R80 000 behaal.

  • Verbeter SA rekord op 32ste veilingVerbeter SA rekord op 32ste veiling picture

    Al 353 ramme is teen ?n gemiddelde prys van R8 418 verkoop. Hiermee verbeter Konsortium-Merino sy huidige SA rekordomset vir ?n Merinoramveiling na R2 971 400.

  • Belê in ooi-eenhedeBelê in ooi-eenhede picture

    Koop Konsortium Merino ooi-eenhede. Dis 'n veilige belegging in vee, sonder om by die bestuur van 'n boerdery betrokke te raak

  • Verander ratte van prysnemer na prysgewer

    2014-02-13

    Prof. Eckart Kassier het in 1994 reeds voorspel vanjaar gaan net 30 000 boere oor wees. Toentertyd het menige boer gedink die prof is koekoes, maar vandag is ons net soveel. Kwyn is ons voorland as ons nie...

  • Geloof soos wolGeloof soos wol picture

    Angus Buchan dra sy 100% trots Suid-Afrikaanse, Konsortium-Merino wolbaadjie met vreugde.

  • From sheep to shop

    2012-03-28

    Life is like riding a bicycle. To keep your balance, you must keep moving...

View All News  |  View Archived News

Ramkatte in Merinowol

Ramkatte in Merinowol

Die Cheetah-rugbyspan kan deesdae maar op sy baadjie getakseer word. Sedert die span ‘n trots Suid-Afrikaanse wolbaadjie ontvang het, gemaak van suiwer Konsortium-Merinowol, het hul vier Super15 wedstryde in ‘n ry gewen. ‘n Mens kan maar sê die span het ‘n nuwe b(l)aadjie omgeslaan.

Die Cheetahspan en bestuur is in April met ’n wolbaadjie van Konsortium-Merino, uit die hartland van die wolbedryf, uitgerus. ‘n Week later het die span op Vrystaatstadion uitgedraf met twee Konsortium-Merinoramme as spesiale gelukbringers langs die veld en sedertdien was die span ramkatte met oorwinnings oor die Brumbies, Crusaders, Leeus en die Rebels.

Konsortium-Merino se wol word in Suid-Afrika geproduseer, gewas, gekam, gespin en geweef en ook hier in koel, liggewig-wolbaadjies omgetower. Nie net word werk geskep nie, maar waarde toegevoeg tot Suid-Afrika se landbouprodukte. Konsortium-Merino is ’n groep boere met 130 lede en meer as 240 000 produserende ooie onder sy handelsmerk. Die meeste van die Konsortium-boere is Cheetah-ondersteuners en “hul wol is nou in hul helde se baadjies”, sê Madelaine van Heerden van Konsortium-Merino. “Die Vrystaatspan pas by die Konsortium-Merino se beeld van ’n klein groep manne met passie en potensiaal, wat op hul terrein ’n reuse-verskil maak. Hulle het visie, veggees en is lojaal – sout van die aarde en trots Suid-Afrikaans.”

Toe Tewis de Bruyn, skrumskakel van die Cheethas, die eerste keer sy baadjie aangepas het, het hy gesê: “Dis my baadjie dié!” De Bruyn meen dis liggewig en spoggerig. Iets wat die manne met trots na ‘n wedstryd kan dra.” Mnr. Hawies Fourie, hulpafrigter, sê hy het ook op ’n Merinoplaas grootgeword en hy onthou hoe hy die penswol met sy draadkar na die hanteerder by die sorteertafel aangery het. “Ek het ook ’n liefde vir Merino’s en vir wol. Dit is rêrig ’n groot voorreg vir ons almal om sulke mooi baadjies te kry van só ’n grênd produk. ”Juan Smith, van die Vrystaat-Cheetahs, sê as boerseun is dit vir hom ’n voorreg om ’n trots Suid-Afrikaanse produk te dra, wat waarde toevoeg tot boere se landbouprodukte en hul onderskei van die res.

Konsortium-Merino doen baanbrekerswerk in die kleinveebedryf wat betref handelsmerkvestiging en waardetoevoeging tot hul wol & vleis. Van die mylpale sluit in: Konsortium-Merino verkoop jaarliks die meeste Merino-ramme op amptelike veilings in die land (700+), het die SA rekordomset vir ‘n Merinoramveiling reeds ses keer in ‘n ry verbeter, is die eerste Merino-stoetery wat sy eie raadgewer en mentors aangestel het om die besighede van hul boere te verbeter, het alternatiewe bemarkingskanale vir hul boere se wol beding wat aan hul keuses bied en hul bemarkingskoste sny, is die eerste stoetery om sy eie voerkraal te begin, die eerste om hul Merinovleis onder die handelsmerk te verkoop en die eerste om ‘n suiwer Merinowolbaadjie van hul eie wol te maak.

“Ons wol-storie is ‘groen’, en vind veral in Europa byval, waar die verbruiker bewus is van wat hy koop, wat hy dra en wat hy eet…en bereid is om meer te betaal vir ‘n handelsmerk wat in harmonie met die natuur geproduseer word, werk skep en ‘n Code of Best Practises toepas” sê Madelaine. Die suiwer Merinowolbaadjies is beskikbaar in mansuitrusters soos Stanwell in Bloemfontein, Friedman & Cohen in die Strand, Coquis by die Centurian, Kollonade en Glen Fair winkelsentrums in Pretoria en De Jagers in Worcester, Paarl, Stellenbosch, Tygervallei, Oudtshoorn, George, Mosselbaai, Malmesbury en Vredenburg. Vir navrae bel Madelaine by 072 308 3883.

View All News

website design & website hosting by nellen.co.za website engineers