skip to content

Site in English  
  • Hoogste prys R80 000Hoogste prys R80 000 picture

    Op Konsortium-Merino se 30ste produksieveiling, 18 Februarie 2016, is die ram vir die hoogste prys ooit verkoop. Hy het R80 000 behaal.

  • Verbeter SA rekord op 32ste veilingVerbeter SA rekord op 32ste veiling picture

    Al 353 ramme is teen ?n gemiddelde prys van R8 418 verkoop. Hiermee verbeter Konsortium-Merino sy huidige SA rekordomset vir ?n Merinoramveiling na R2 971 400.

  • Belê in ooi-eenhedeBelê in ooi-eenhede picture

    Koop Konsortium Merino ooi-eenhede. Dis 'n veilige belegging in vee, sonder om by die bestuur van 'n boerdery betrokke te raak

  • Verander ratte van prysnemer na prysgewer

    2014-02-13

    Prof. Eckart Kassier het in 1994 reeds voorspel vanjaar gaan net 30 000 boere oor wees. Toentertyd het menige boer gedink die prof is koekoes, maar vandag is ons net soveel. Kwyn is ons voorland as ons nie...

  • Geloof soos wolGeloof soos wol picture

    Angus Buchan dra sy 100% trots Suid-Afrikaanse, Konsortium-Merino wolbaadjie met vreugde.

  • From sheep to shop

    2012-03-28

    Life is like riding a bicycle. To keep your balance, you must keep moving...

View All News  |  View Archived News

Die buiteland vra na Konsortium-wol

Die buiteland vra na Konsortium-wol

Gawie en Madelaine van Heerden het die International Wool Textile Organisation (IWTO) se 79ste kongres in Parys, Frankryk, bygewoon om wolkopers en verwerkers in die tekstielbedryf bewus te maak van Konsortium-Merino in Suid-Afrika.‘n Brosjure is ontwerp om ons “together we offer more”-storie treffend te bemark. Die klem het geval op ons naturally produced wool & meat -100% mules free.

Van 3 tot 5 Mei 2010 het Dombietersfontein se span, in hul beste Engels, skouer geskuur met belanghebbendes in die wolbedryf en hulle probeer oortuig om voortaan vir Konsortium-wol uit Suid-Afrika te vra, want dit is kwaliteit in kwantiteit gerugsteun deur ‘n “groen” storie.

Die Aussie-skeersel word deesdae wêreldwyd oor die kole gehaal omdat hul wolboere mulesing toepas. Dit word as ‘n wrede praktyk, veral deur Europese verbruikers, verdoem. Ook op die IWTO-kongres het mense hardop hul misnoë teenoor mulesing uitgespreek en dit het KM soos ‘n handskoen gepas. SMZA meen die bekendstelling van KM wol tydens die IWTO kongres was perfekte tydsberekening, omdat die vriendelike wyse waarop KM wol geproduseer word, juis dit is wat die wêreldmark tans vereis.

Sedert die Van Heerdens se terugkoms in Suid-Afrika het Konsortium en SMZA, in reaksie op ons bemarking in Parys, navrae van belangstellendes uit die buiteland gehad. Met SMZA se besoek aan hul Europese kliënte (net na die kongres) was hulle verras deur die belangstelling in ons produk. Ons kan vandag breëbors sê: “die buiteland neem kennis van Konsortium-Merino, en begin vra daarna.” SMZA het reeds ‘n bestelling vir KM “sliver tops” gekry wat tans vervaardig word.Die bal is nou in ons kwartgebied. Die uitdaging is om genoeg wol, wat aan “groen” standaarde voldoen, te produseer en deur SMZA te bemark.

Ons mules free-skeersels vereis formele sertifikasie. Om ons saak te sterk vra ons dat elke Konsortium-boer, wat daarna strewe om die beginsels van die Code of Best Practice (COBP) op sy plaas toe te pas, en nog nie die COBP onderteken het nie, dit so gou moontlik sal doen. Nie net sal dit die bemarkingswaarde van sy Konsortium-Merinowol verbeter nie, maar ook momentum gee aan die goeie voetwerk in Frankryk.

View All News

website design & website hosting by nellen.co.za website engineers