skip to content

Site in English  
  • Hoogste prys R80 000Hoogste prys R80 000 picture

    Op Konsortium-Merino se 30ste produksieveiling, 18 Februarie 2016, is die ram vir die hoogste prys ooit verkoop. Hy het R80 000 behaal.

  • Verbeter SA rekord op 32ste veilingVerbeter SA rekord op 32ste veiling picture

    Al 353 ramme is teen ?n gemiddelde prys van R8 418 verkoop. Hiermee verbeter Konsortium-Merino sy huidige SA rekordomset vir ?n Merinoramveiling na R2 971 400.

  • Belê in ooi-eenhedeBelê in ooi-eenhede picture

    Koop Konsortium Merino ooi-eenhede. Dis 'n veilige belegging in vee, sonder om by die bestuur van 'n boerdery betrokke te raak

  • Verander ratte van prysnemer na prysgewer

    2014-02-13

    Prof. Eckart Kassier het in 1994 reeds voorspel vanjaar gaan net 30 000 boere oor wees. Toentertyd het menige boer gedink die prof is koekoes, maar vandag is ons net soveel. Kwyn is ons voorland as ons nie...

  • Geloof soos wolGeloof soos wol picture

    Angus Buchan dra sy 100% trots Suid-Afrikaanse, Konsortium-Merino wolbaadjie met vreugde.

  • From sheep to shop

    2012-03-28

    Life is like riding a bicycle. To keep your balance, you must keep moving...

View All News  |  View Archived News

Voorkeur-aanbod vir Konsortium-wol

Voorkeur-aanbod vir Konsortium-wol

Segard Masurel Suid-Afrika het ‘n aanbod gemaak aan Konsortium-Merino om wol direk van díe boere te koop. Nie net kan Konsortium-boere voortaan ‘n premie vir hul produk verdien nie, maar ook heelwat kostes spaar.

Clarence Friskin, uitvoerende hoof van SMZA, het op Konsortium-Merino se boeredag aan die Gariepdam met trots ‘n alternatiewe bemarkingskanaal vir die groep se wol aangebied. “Sedert 1948 het SMZA nog net die beste wol gekoop en ons weet Konsortium-Merinoboere verskaf juis dit.”

Die aanbod behels twee opsies: Direkte lewering van spesifieke tipes aan Segard vir verwerking in sy meule in Uitenhage, of bemarking deur ‘n twee-weeklikse Segard-veiling, wat in Port Elizabeth gehou sal word.

Direkte opsie: Dit geld vir vaglyne, rug en nek van 18.5 mikron tot 24.5 mikron met ‘n minimum kamlengte van 58HM. Konsortium-lede word 20c/kg meer aangebied as die vorige week se veilingprys. Die kommissie betaalbaar is slegs 2,75% teenoor die 4 tot 5% wat die groot makelaars hef. Konsortium-lede betaal geen hanteringsfooi per baal nie (dit is ‘n verderre besparing van sowat R43 per baal) en sal binne twee weke van lewering hul geld ontvang. Fyner wol kan ook gelewer word, maar moet ‘n minimum kamlengte van 62HM hê.

Veiling-opsie: Die aanbod is vir die hele skeersel, of ‘n boer kan kies om ‘n gedeelte van sy wol deur die direkte opsie te verkoop en die res op die veiling aan te bied. Die veiling-opsie werk net soos by die groot makelaars, maar belowe aansienlike besparings. Hoe groter die waarde van jou lot, hoe kleiner die kommissie betaalbaar. Dit kan wissel van minder as 2% teen R60/kg, tot ’n maksimum van 4% teen R27.50/kg, wat ‘n plafonprys van R165 kommissie per 150kg baal is. Geen hanteringsfooi word gehef nie. (sien voorbeelde)

Friskin sê die aanbod is nie net ‘n wyse ekonomiese besluit nie, maar gee ook ‘n identiteit aan wol. SMZA het al navraag uit Engeland ontvang vir Konsortium-wol, maar het ongelukkig nie die volume gehad om te verskaf nie. “Ons vennootskap sal die geleentheid bied om deurlopend wol onder die Konsortium-handelsmerk aan die buiteland te voorsien.”

Gawie van Heerden, Konsortium direkteur: openbare betrekkinge, sê 98 boere met sowat 170 000 merino-ooie is al deel van die Konsortium-groep. Die maatskappy fokus om sy handelsmerk tipe skaap landswyd in Suid-Afrika te vestig. “Ons produseer van die beste wol en vleis en wil dit onder ons handelsmerk bemark. Dit het tyd geword dat ons ‘n ‘tjap’ opsit. Segard se aanbod gee stukrag aan hierdie droom.”

Om identiteit aan die wol te gee word spesiale wolsakke, met Konsortium se handelsmerk op, plaaslik vervaardig en teen sowat R40 goedkoper as die sakke by handelstakke verkoop. Die Konsortium-sak se koolstofspoor is ook ligter as die tradisionele een.

SMZA is die derde grootste wolkoper in Suid-Afrika. Hulle verwerk wol op ‘n kommissie-basis in die Cape of Good Hope Wool Combers-meule in Uitenhage. Dit is die enigste meule in Suid-Afrika wat nog wol was én kam. Die plaaslike verwerking van Konsortium-wol sal nie net waarde toevoeg tot die produk nie, maar ook werk verskaf aan meer as 120 mense, het Friskin gesê.

View All News

website design & website hosting by nellen.co.za website engineers