skip to content

Site in English  
  • Hoogste prys R80 000Hoogste prys R80 000 picture

    Op Konsortium-Merino se 30ste produksieveiling, 18 Februarie 2016, is die ram vir die hoogste prys ooit verkoop. Hy het R80 000 behaal.

  • Verbeter SA rekord op 32ste veilingVerbeter SA rekord op 32ste veiling picture

    Al 353 ramme is teen ?n gemiddelde prys van R8 418 verkoop. Hiermee verbeter Konsortium-Merino sy huidige SA rekordomset vir ?n Merinoramveiling na R2 971 400.

  • Belê in ooi-eenhedeBelê in ooi-eenhede picture

    Koop Konsortium Merino ooi-eenhede. Dis 'n veilige belegging in vee, sonder om by die bestuur van 'n boerdery betrokke te raak

  • Verander ratte van prysnemer na prysgewer

    2014-02-13

    Prof. Eckart Kassier het in 1994 reeds voorspel vanjaar gaan net 30 000 boere oor wees. Toentertyd het menige boer gedink die prof is koekoes, maar vandag is ons net soveel. Kwyn is ons voorland as ons nie...

  • Geloof soos wolGeloof soos wol picture

    Angus Buchan dra sy 100% trots Suid-Afrikaanse, Konsortium-Merino wolbaadjie met vreugde.

  • From sheep to shop

    2012-03-28

    Life is like riding a bicycle. To keep your balance, you must keep moving...

View All News  |  View Archived News

Op almal se lippe

Op nege produksieveilings het hulle meer as 1000 ramme verkoop. Die sukses wat díe telers behaal, het almal aan die praat. Vanjaar bied Konsortium-Merino op 16 Februarie 2006 die eerste nageslag aan van Windsor, hul SA Grootkampioenram, gekroon op 2004 se Nasionale Skou vir Gemete Produksie.

Konsortium-Merino het op hul afgelope nege veilings 1 117 ramme aangebied, waarvan 1 116 verkoop is. Vir sowat 42% (470) van die ramme is R3 000 en minder betaal. En wat 'n bonus as hulle hul kopers besoek en dit juis díe ramme is, wat uitstaan in 'n kraal.

'n Besoek aan Stefan Scholtz van Victoria-Wes, het net weer bewys 'n Konsortium-ram hoef nie duur te wees, om sy sout werd te wees nie. Ramme wat Stefan in Februarie 2005 teen vloerprys (R1 500) aangekoop het, staan nie 'n treë terug vir die duurder ramme in sy kraal nie. "Die span groei sonder 'n pit kos. Ek het selfs 'n stoetram onder hulle geselekteer."

Hoffman-boerdery van Dewetsdorp meen Konsortium-Merino se vleiseienskappe is voortreflik, en die tipe se wolkwaliteit en veral wollengte, 'n pluspunt vir die boerdery. Die broers Sias en Piet kan getuig 'n span van 840 lammers (sowat 10 maande oud) het onlangs gemiddeld 21,5kg uitgeslag. " Konsortium-Merino is uitstekende stoorlammers. Hulle groei met 'n "bang". Sias sê die span ramme wat Konsortium vanjaar op Lentedag op hul negende produksieveiling aangebied het, was 'n prentjie - die mooiste wat hy nóg raakgeloop het.

Kiepie Pienaar van Dewetsdorp het in 1999 sy eerste ram by Konsortium-Merino gekoop en stap sedertdien die pad saam met díe tipe. "My skaap is vandag groter en gladder. Waar my ooie vroeër gesukkel het om 50kg te weeg, weeg hulle deesdae gemiddeld 58kg tot 60kg."  Reproduksie het sodanig verbeter dat hy 109% lammers speen van ooie gepaar. Sy kudde se speengewigte het van gemiddeld 26kg tot sowat 31kg gestyg.

Kiepie boer net met ooie en monitor hul prestasie deeglik. Elke agt maande skeer hy gemiddeld 3.75kg wol per skaap (lammers ingesluit). Verwerk tot 12 maande wolgroei is dit 4,88kg per skaap. Sy skeersel se gemiddelde veseldikte het van 21.6 tot 20.4 verbeter. Sy lammerwol toets deesdae 17.2 mikron. Hy is oortuig daarvan: " Ek het die regte pad saam met Konsortium-Merino ingeslaan."

Ons kopers is ons beste getuigskrif, meen die Konsortium-telers, want hulle kom keer op keer terug vir meer. Hul wens vir 2006:     " Mag die Konsortium-Merino net voorspoed en vreugde bring waar hulle wei. " 

View Archived News

website design & website hosting by nellen.co.za website engineers