skip to content

Site in English  
  • Hoogste prys R80 000Hoogste prys R80 000 picture

    Op Konsortium-Merino se 30ste produksieveiling, 18 Februarie 2016, is die ram vir die hoogste prys ooit verkoop. Hy het R80 000 behaal.

  • Verbeter SA rekord op 32ste veilingVerbeter SA rekord op 32ste veiling picture

    Al 353 ramme is teen ?n gemiddelde prys van R8 418 verkoop. Hiermee verbeter Konsortium-Merino sy huidige SA rekordomset vir ?n Merinoramveiling na R2 971 400.

  • Belê in ooi-eenhedeBelê in ooi-eenhede picture

    Koop Konsortium Merino ooi-eenhede. Dis 'n veilige belegging in vee, sonder om by die bestuur van 'n boerdery betrokke te raak

  • Verander ratte van prysnemer na prysgewer

    2014-02-13

    Prof. Eckart Kassier het in 1994 reeds voorspel vanjaar gaan net 30 000 boere oor wees. Toentertyd het menige boer gedink die prof is koekoes, maar vandag is ons net soveel. Kwyn is ons voorland as ons nie...

  • Geloof soos wolGeloof soos wol picture

    Angus Buchan dra sy 100% trots Suid-Afrikaanse, Konsortium-Merino wolbaadjie met vreugde.

  • From sheep to shop

    2012-03-28

    Life is like riding a bicycle. To keep your balance, you must keep moving...

View All News  |  View Archived News

Dertien bring geluk

Dertien bring geluk

Dertien spel vir sommiges ongeluk en teëspoed - veral as dit op 'n Vrydag val - maar op Konsortium-Merino se komende produksieveiling gaan dit vir 'n boer besonderse geluk bring.

Konsortium-Merino se 13de produksieveiling vind op 6 September 2007 op die plaas Dombietersfontein, naby Victoria-Wes, plaas. Nie net sal Merinoboere op díe veiling tussen 190 ramme en 2 000 ooie kan kies en keur nie, maar daar is ook 'n Honda motorfiets op die spel.

Vir elke ram of groep ooie, wat 'n boer op Konsortium se vorige twee veilings gekoop het, sal sy of haar naam op die 13de veiling in 'n hoed gegooi word. Hoe meer jy dus in September 2006 en Februarie 2007 gekoop het, hoe beter is jou kans om die CTX200 Bushlander te wen. Om baas van hierdie woelwater motorfiets te word, moet die Konsortium-kopers van die 11de en 12de produksieveilings net op die komende Lenteveiling teenwoordig wees.

Die 190 ramme op die  veiling is weereens 'n groot aanbod vergeleke met Suid-Afrika se gemiddeld van 47 ramme per veiling, wat in 2006 op 60 Merinoveilings verkoop is. Altesaam 318 ramme is uit Konsortium-Merino se sowat 1500 ramlammers, gebore in die Herfs van 2006, vir die veiling ingeskryf.

Moeder natuur word ingespan om Konsortium se veilingskaap te klas. Slegs die bestes, wat vir 10 maande op natuurlike veldtoestande presteer, word vir die laaste agt weke voor die veiling afgerond. Die voorlopige keuring het weereens bewys Merino's met kuiwe en onderlyne speel tweede viool in die kraal. Cobus Vivier, Jan Joubert, Louis Hayward en Willie Kotze, almal van BKB, het die finale keuring gedoen.

Sowat 1 000 van die 2 000 ooie op die komende veiling word deur Konsortium-kliënte aangebied. Konsortium-Merino is trots daarop dat sy gereelde kliënte goedgekeurde boerskaap onder sy handelsmerk kan verkoop.
 

View All News

website design & website hosting by nellen.co.za website engineers