skip to content

Site in English  
  • Hoogste prys R80 000Hoogste prys R80 000 picture

    Op Konsortium-Merino se 30ste produksieveiling, 18 Februarie 2016, is die ram vir die hoogste prys ooit verkoop. Hy het R80 000 behaal.

  • Verbeter SA rekord op 32ste veilingVerbeter SA rekord op 32ste veiling picture

    Al 353 ramme is teen ?n gemiddelde prys van R8 418 verkoop. Hiermee verbeter Konsortium-Merino sy huidige SA rekordomset vir ?n Merinoramveiling na R2 971 400.

  • Belê in ooi-eenhedeBelê in ooi-eenhede picture

    Koop Konsortium Merino ooi-eenhede. Dis 'n veilige belegging in vee, sonder om by die bestuur van 'n boerdery betrokke te raak

  • Verander ratte van prysnemer na prysgewer

    2014-02-13

    Prof. Eckart Kassier het in 1994 reeds voorspel vanjaar gaan net 30 000 boere oor wees. Toentertyd het menige boer gedink die prof is koekoes, maar vandag is ons net soveel. Kwyn is ons voorland as ons nie...

  • Geloof soos wolGeloof soos wol picture

    Angus Buchan dra sy 100% trots Suid-Afrikaanse, Konsortium-Merino wolbaadjie met vreugde.

  • From sheep to shop

    2012-03-28

    Life is like riding a bicycle. To keep your balance, you must keep moving...

View All News  |  View Archived News

Konsortium doen met 'n miljoen

Konsortium doen met 'n miljoen

Die hoogste omset nóg vir 'n Merinoramveiling in Suid-Afrika is op Konsortium-Merino se 12de produksieveiling behaal. Dit is slegs die tweede Merinoveiling in die geskiedenis, wat die R1 miljoen-kerf kon verbysteek.
 
Altesaam 199 Konsortium-ramme is almal teen 'n gemiddelde prys van R5 613 vir 'n omset van R1 117 150 op die plaas Dombietersfontein, Victoria-Wes, verkoop. Die hoogste prys was R36 000 vir 'n meriete ram. Hy is deur vier Alexanders van Trompsburg: Freddie en Erik van Korthoek, Frans van Stofkraal, en Derek van Hammelfontein, gekoop.
 
Adv. Wesley Vos van Vosfontein, Beaufort-Wes, het nie gekroom om sy sak te skud nie vir 23 ramme. Hy het die naashoogste prys van R35 000 betaal, asook die derde hoogste prys van R22 000.
 
Danie Vorster, bestuurder van Merino SA, sê die vorige hoogste omset vir 'n ramveiling in Suid-Afrika was R1 053 050. Dit is in 1989 op Bloemfontein se Lenteveiling behaal, toe 247 ramme van 46 telers teen 'n gemiddelde prys van R4 263 verkoop is. Konsortium se 199 ramme verkoop, is ook die meeste op een veiling vir die afgelope 16 jaar.
 
Meer as 300 besoekers van heinde en verre het Konsortium se mylpaalveiling bygewoon. Lourens van der Linde van Klein Constantia, Wesselsbron, laat weet hy is opgewonde oor die 15 ramme wat hy gekoop het. "Ons was daar! Dit was 'n nuwe ondervinding wat ons hoop om weer en weer te kan beleef."
 
Die 635 ooie op die Konsortium-veiling is teen 'n gemiddelde prys van R956 verkoop. Die hoogste prys was R1 420 stuk vir dragtige ooie met langwol.

View Archived News

website design & website hosting by nellen.co.za website engineers