skip to content

Site in English  
  • Hoogste prys R80 000Hoogste prys R80 000 picture

    Op Konsortium-Merino se 30ste produksieveiling, 18 Februarie 2016, is die ram vir die hoogste prys ooit verkoop. Hy het R80 000 behaal.

  • Verbeter SA rekord op 32ste veilingVerbeter SA rekord op 32ste veiling picture

    Al 353 ramme is teen ?n gemiddelde prys van R8 418 verkoop. Hiermee verbeter Konsortium-Merino sy huidige SA rekordomset vir ?n Merinoramveiling na R2 971 400.

  • Belê in ooi-eenhedeBelê in ooi-eenhede picture

    Koop Konsortium Merino ooi-eenhede. Dis 'n veilige belegging in vee, sonder om by die bestuur van 'n boerdery betrokke te raak

  • Verander ratte van prysnemer na prysgewer

    2014-02-13

    Prof. Eckart Kassier het in 1994 reeds voorspel vanjaar gaan net 30 000 boere oor wees. Toentertyd het menige boer gedink die prof is koekoes, maar vandag is ons net soveel. Kwyn is ons voorland as ons nie...

  • Geloof soos wolGeloof soos wol picture

    Angus Buchan dra sy 100% trots Suid-Afrikaanse, Konsortium-Merino wolbaadjie met vreugde.

  • From sheep to shop

    2012-03-28

    Life is like riding a bicycle. To keep your balance, you must keep moving...

View All News  |  View Archived News

Keer op keer terug vir meer

Keer op keer terug vir meer

Al 144 ramme op Konsortium se 11de produksieveiling is teen 'n gemiddelde prys van R6 093 verkoop. Die hoogste prys was R20 000. Díe bod is op 'n span kopers van Hofmeyr toegeslaan, wat nie skroom om hul sakke vir die beste ramme op Konsortium se veilings te skud nie. Hulle is Tommy Roux van die plaas Allemansvlei, en sy seuns, Piet en Jakkals Roux, Pierre Marais van Vrolikskraal en sy seun, Kobus, Matt Philps van Grootdam en Johan Froelich van The Pines.

Sedert 2004 het díe groep kopers twee ramme teen die hoogste pryse van R30 000 en R20 000 aangeskaf, en nog vier ramme teen die naashoogste pryse van R17 500, R20 000, R19 000 en R30 000 gekoop. Die positiewe impak wat Konsortium-Merino op hulle kuddes het, bring hulle keer op keer terug vir meer.

Mike de Villiers van Eselsfontein en Gerhard Viljoen van Elandspoort, beide van Richmond, NoordKaap, het 'n ram vir die naashoogste prys van R19 000 opgeraap. Die 748 ooie op die veiling is teen gemiddeld R990 stuk verkoop, met 'n hoogste en laagste prys van onderskeidelik R1 410 en R910 per ooi.

Meer as 300 besoekers van heinde en verre het Konsortium se 2006 Lente-veiling bygewoon. Hulle het onder meer gekom van Vrede, Kuruman, Sutherland, Stutterheim, Cradock, Riversdal en veral uit die Vrystaat. Altesaam 145 boere het as kopers geregistreer.

Hierdie is nie 'n veiling waarvan jy iemand bloot net kan vertel nie. Boere moet kom om dit te beleef, raai Piet Barnhoorn van die plaas Noodhulp, Middelburg, vir nuuskieriges aan.
 

View Archived News

website design & website hosting by nellen.co.za website engineers