skip to content

Site in English  
  • Nog n SA rekord - 333 ramme verkoop!

    2013-02-21

    Die groep het op hul 24ste produksieveiling â??n nuwe SA rekord opgestel deur die meeste ramme op een Merinoveiling te verkoop.

  • Nog 'n skaapspesialisNog 'n skaapspesialis picture

    Konsortium-Merino het sy tweede skaapspesialis aangestel. Tommie Calldo sal voortaan saam met Cobus Vivier gehalte by ons boere verseker, sodat die mark met vrymoedigheid Konsortium-genetika, -wol en -vleis koop.

  • Nuwe oorplaatjies

    2012-10-06

    Konsortium-Merino spog met â??n nuwe oorplaatjie, wat beloof om baie meer gebruikersvriendelik te wees.

  • Ons eie Konsortium-Merino kruipvoer

    2012-09-18

    Dit voldoen aan jong lammetjies se voedingsbehoeftes en is sedert September 2012 by koöperasies landswyd te koop.

  • Kry 'n aandeel in ons sukses

    2012-09-10

    Die Konsortium-Merino handelsmerk produseer groot hoeveelhede wol, vleis en velle van gehalte, maar nie naastenby genoeg om in die vraag na die produkte te voorsien nie. Hoe nou gemaak?

  • Hoogste prys nogHoogste prys nog picture

    HL Kitshoff en Seuns van Moorreesburg het die hoogste prys van R54 000 op Konsortium-Merino se 23ste produksieveiling betaal. Dit is die meeste geld wat nóg vir â??n Konsortium-Merinoram betaal is.

View All News  |  View Archived News

Merinoraadgewers

Konsortium-Merino is die eerste Merinostoetery in Suid-Afrika om sy eie kliënteraadgewers aan te stel en sodoende waarde tot sy boere se besighede te voeg. Die maatskappy se eerste kliënteraadgewer is in September 2007 aangestel en later is nog kundiges gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter, dat dit aan die Konsortium-handelsmerk voldoen.

  • Cobus Vivier, kliënteraadgewer (Dewetsdorp), sal gehalte by boere in die Vrystaat en Noordoos-Kaap verseker, sodat die mark met vrymoedigheid Konsortium-genetika, -wol en -vleis koop.
  • Phil van der Merwe, KM stoetraadgewer (Victoria-Wes), staan vir boere in die Karoo by.
  • Braam Coetzee (Cradock) help waar nodig vir boere in die Oos-Kaap.

Die raadgewer is hoofsaaklik Konsortium-Merino se handelsmerk-bestuurder. Hy moet die Konsortium-tipe op ons boere se plase vestig en beskerm tot voordeel van almal wat by die Konsortium-familie aansluit. Met behulp van spesiale oorplaatjies sal die raadgewer mettertyd handelsmerk-ooie, goedgekeurde ooie en Konsortium-slagvee by kliënte identifiseer en assulks bemark.

Die raadgewer help boere ook o.m. met ooiseleksie, die keur van ramme en gee raad t.o.v kuddebestuur. Met behulp van ‘n eenvoudige rekenaarmodel word Merinokuddes se prestasie gemeet en sodoende toesig gehou oor hul produksie en vordering.

Vorige: Bestuurspan
website design & website hosting by nellen.co.za website engineers