skip to content

Saam bied ons meer
http://www.konsortium-merino.com/PageImages/1749892870_370_370.jpg
Teken In





Registreer  |  Vergete Sleutelwoord

Marlow & Konsortium

Sedert 2007 bied die Hoër Landbouskool Marlow, naby Cradock, jaarliks 'n Konsortium-Merinoveiling om 11:00 by hul klubhuis aan. Besigtiging is vanaf 09:00 op die dag van die veiling.

Charl Naudé, boerderybestuurder van Marlow, maak sowat 60 ramme op elke veiling staan. Die helfte van die span is gewoonlik suiwer geteelde Konsortium-ramme en die res is Konsortium-nageslag van die skool se Merinokudde. Die Konsortium-ramme word op jaarouderdom, sowat ses maande voor die veiling, na Marlow geskuif. Dit is belangrik dat hulle saam met hul stalmaats as ‘n groep, onder dieselfde omstandighede, vir die veiling voorberei word.

Die eerste tree oppad na díe gesamentlike veilings word jaarliks in April gegee, wanneer Marlow se hele kudde met die semen van Konsortium-stoetramme geKI word. “Ons stel ons heel beste genetika gratis tot hulle beskikking,” sê Gawie van Heerden, Konsortium-Merinoteler. Hy is baie opgewonde oor die nuwe vennootskap. Nie net het Konsortium nou die kans om met die jong boere van môre saam te werk nie, maar ook Marlow se kudde te verbeter en Konsortium-ramme meer toeganklik te maak vir boere van die Cradock-streek.

Marlow streef daarna om Merino’s van gehalte aan boere te verkoop. Die boerdery wil hom voortaan verbind tot die Konsortium-teelrigting, wat vrugbare Merino’s met ‘n groot vleiskarkas en kwaliteitwol produseer. Merinoramme uit die Konsortium-stal het nog altyd baie goed gevaar op die skool se jaarlikse veilings. Kuddeboere van die Cradock-streek, wat Konsortium-ramme koop, getuig graag van hul vordering. Dit het Charl onder meer gemotiveer om die Konsortium as boerdery-vennoot te betrek.

Besoek asb. die volgende: