skip to content

Site in English  
  • Nog n SA rekord - 333 ramme verkoop!

    2013-02-21

    Die groep het op hul 24ste produksieveiling â??n nuwe SA rekord opgestel deur die meeste ramme op een Merinoveiling te verkoop.

  • Nog 'n skaapspesialisNog 'n skaapspesialis picture

    Konsortium-Merino het sy tweede skaapspesialis aangestel. Tommie Calldo sal voortaan saam met Cobus Vivier gehalte by ons boere verseker, sodat die mark met vrymoedigheid Konsortium-genetika, -wol en -vleis koop.

  • Nuwe oorplaatjies

    2012-10-06

    Konsortium-Merino spog met â??n nuwe oorplaatjie, wat beloof om baie meer gebruikersvriendelik te wees.

  • Ons eie Konsortium-Merino kruipvoer

    2012-09-18

    Dit voldoen aan jong lammetjies se voedingsbehoeftes en is sedert September 2012 by koöperasies landswyd te koop.

  • Kry 'n aandeel in ons sukses

    2012-09-10

    Die Konsortium-Merino handelsmerk produseer groot hoeveelhede wol, vleis en velle van gehalte, maar nie naastenby genoeg om in die vraag na die produkte te voorsien nie. Hoe nou gemaak?

  • Hoogste prys nogHoogste prys nog picture

    HL Kitshoff en Seuns van Moorreesburg het die hoogste prys van R54 000 op Konsortium-Merino se 23ste produksieveiling betaal. Dit is die meeste geld wat nóg vir â??n Konsortium-Merinoram betaal is.

View All News  |  View Archived News

KM Produksieveilings

Twee Konsortium-Merino produksieveilings

Prestasiegetoetste veldmerinoramme, asook stoet- en kudde-ooie word jaarliks op twee produksieveilings te koop aangebied. Dit vind plaas op:

  • die derde Donderdag in Februarie, en
  • die eerste Donderdag in September.

Besigtiging van die ramme is vanaf 16:00 op die dag voor die veiling en vanaf 08:00 op die dag van die veiling. Phil van der Merwe, stoetraadgewer, draf elke ram se wol- en bouvorm-eienskappe saam met belangstellendes deur. Hy klasseer die ramme as stoet-, kudde- of “selected”-ramme om voornemende kopers in hul keuses te help.

Die veilings lok kopers landswyd. Hulle kom van sover as Riviersonderend en Uitenhage in die suide, Barkley-Oos en Stutterheim in die ooste, Calvinia en Sutherland in die weste, Vrede in die noorde en veral uit die Vrystaat om in die Merino-lekkerte te deel.

Getuigskrifte

"Dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het. Konsortium-Merino se produk, bemarking, en passie het my beïndruk. In Australie, Nieu-Seeland en Suid-Afrika kan niemand by hulle genetika kersvashou nie. Konsortium-genetika kan vir die Merino, as 'n ras, van groot waarde wees - want met die tipe is daar geen rede vir kruisteling nie."
Ian Walsh, FalKirk wetenskaplike stigting, Nieu-Seeland (2006)

"Hierdie is nie 'n veiling waarvan jy iemand bloot net kan vertel nie. Boere moet kom om dit te beleef."
Piet Barnhoorn, Noodhulp, Middelburg (2006)

“Eintlik beskryf die woord veiling nie hierdie geleentheid nie. Dit is voorwaar ‘n Merino-extravaganza wat menige besoeker ‘n ware “under the skin” Merino-gevoel gee. Só sal die Merino as vlagskip van ons kleinveebedryf seëvier. Die besondere diepte en gehalte in u aanbieding is opvallend en word met volledige prestasiedata professioneel aangebied.”
Jacobus le Roux, voormalige rasdirekteur, Merino SA (2002)

“Dit is ‘n aanbieding waarop die SA wolbedryf trots kan wees.”
Jimmy Maritz, voormalige bestuurder openbare betrekkinge, BKB (2003)

Besoek asb. die volgende:
website design & website hosting by nellen.co.za website engineers