skip to content

Site in English  
  • Hoogste prys R80 000Hoogste prys R80 000 picture

    Op Konsortium-Merino se 30ste produksieveiling, 18 Februarie 2016, is die ram vir die hoogste prys ooit verkoop. Hy het R80 000 behaal.

  • Verbeter SA rekord op 32ste veilingVerbeter SA rekord op 32ste veiling picture

    Al 353 ramme is teen ?n gemiddelde prys van R8 418 verkoop. Hiermee verbeter Konsortium-Merino sy huidige SA rekordomset vir ?n Merinoramveiling na R2 971 400.

  • Belê in ooi-eenhedeBelê in ooi-eenhede picture

    Koop Konsortium Merino ooi-eenhede. Dis 'n veilige belegging in vee, sonder om by die bestuur van 'n boerdery betrokke te raak

  • Verander ratte van prysnemer na prysgewer

    2014-02-13

    Prof. Eckart Kassier het in 1994 reeds voorspel vanjaar gaan net 30 000 boere oor wees. Toentertyd het menige boer gedink die prof is koekoes, maar vandag is ons net soveel. Kwyn is ons voorland as ons nie...

  • Geloof soos wolGeloof soos wol picture

    Angus Buchan dra sy 100% trots Suid-Afrikaanse, Konsortium-Merino wolbaadjie met vreugde.

  • From sheep to shop

    2012-03-28

    Life is like riding a bicycle. To keep your balance, you must keep moving...

View All News  |  View Archived News

Getuigskrifte

Landswyd is boere aan die praat oor die positiewe impak wat Konsortium-Merino op hul skaapkuddes het. Luister net na wat van hulle te sê het:

  • Lomon van Tonder van Dewetsdorp laat weet: “Kruisteling is nie meer nodig nie. Daar is net een stoet - en dit is Konsortium-Merino.” Lomon se span Merino’s het met die louere weggestap op ‘n slaglamkompetisie waaraan sowat 40 groepe van 4 lammers, van verskillende skaaprasse, deelgeneem het.
  • Tommy Roux van Hofmeyr, sê Konsortium-ramme sal enige kudde verbeter. 
  • Derick Erasmus van Stutterheim spog met die goeie wolpryse wat hy behaal. Hy soek net Konsortium se “oopskieters” - ramme wat tipe en mikron aanspreek. Van ons skaap sê hy: “Dis mos hoe ‘n Merino moet lyk.”
  • Hansie Swanepoel van Dewetsdorp: “Ek weet nie waarmee julle besig is nie, maar wat julle ookal doen - ek wil deel wees daarvan.”
  • Pieter Human van Riviersonderend is deesdae trots op die vleiskarkas van sy Merinokudde. Daar word vir hom gevra: “Waar het jy hierdie Vleismerino-ooie gekry?”
  • Dian Heyns van Oudtshoorn meen Konsortium-Merino het sy kop deurmekaargekrap. “Ek het gedink net Dohne’s lyk so!”
  • Gawie van Deventer van Albertinia sê: “Ek moes al lankal by julle uitgekom het.” As inskrywings vir ‘n slaglamkompetisie het agente vier van sy Konsortium-lammers en een van sy Dormer-kruisings gekeur.
  • JR Schlebusch van Victoria-Wes: “Ek sien die vordering in my skaap.”
  • Op ‘n opedag, waar Konsortium-ramme uitgestal is, sê Henry Moolman van Bedford: “Wanneer is julle veiling. Ek moet daar wees.”
  • Steven le Roux van Caledon, het oppad na ‘n jag verdwaal en toe met skeertyd by Dombietersfontein aangery gekom. “Kyk hoe egalig en skoon is julle wol.”
  • Pierre Jooste van Jacobsdal: “Na ek by julle besoek afgelê het, is ek oortuig dis die rigting wat ek moet inslaan.”
  • Frans Alexander van Trompsburg dra ‘n stukkie wol in sy sak. Dis van die Konsortium-ram, wat hy in Februarie 2007 teen die hoogste prys gekoop het. Hy spog glo met hierdie wol by almal.
  • Christo Marais van Edenburg laat weet: “Nou geniet ek my Merino-boerdery.”
  • Abrie le Roux van Smithfield het vir oom Harry en De Wet Vogel tydens skeertyd besoek. “Die Vogels skeer ongelooflike wol.”
  • Phil van der Merwe van Victoria-Wes, beaam Konsortium-Merino se karkas kompeteer met die van enige vleisras, en boonop skeer die Konsortium-tipe elke agt maande, lang (70mm-90mm), medium- tot fynwol van gehalte.
  • 'n Besoek aan Stefan Scholtz van Victoria-Wes het net weer bewys ‘n Konsortium-ram hoef nie duur te wees, om sy sout werd te wees nie. Ramme wat Stefan in Februarie 2005 teen vloerprys (R1 500) aangekoop het, staan nie ‘n treë terug vir die duurder ramme in sy kraal nie. “Die span groei sonder ‘n pit kos. Ek het selfs ‘n stoetram onder hulle geselekteer.”
  • Hoffman-boerdery van Dewetsdorp meen Konsortium-Merino se vleiseienskappe is voortreflik en die tipe se wolkwaliteit, en veral wollengte, is ‘n pluspunt vir die boerdery. Die broers Sias en Piet kan getuig van ‘n span van 840 lammers (sowat 10 maande oud) wat gemiddeld 21,5kg uitgeslag het. “Konsortium-Merino is uitstekende stoorlammers. Hulle groei met ‘n “bang”.  Sias sê die span ramme wat Konsortium in September 2005 op hul negende produksieveiling aangebied het, was ‘n prentjie - die mooiste wat hy nóg raakgeloop het.
  • Kiepie Pienaar van Dewetsdorp het in 1999 sy eerste ram by Konsortium-Merino gekoop en stap sedertdien die pad saam met díe tipe. “My skaap is vandag groter en gladder. Waar my ooie vroëer gesukkel het om 50kg te weeg, weeg hulle deesdae gemiddeld 58kg tot 60kg.” Reproduksie het sodanig verbeter dat hy 109% lammers speen van ooie gepaar. Sy kudde se speengewigte het van gemiddeld 26kg tot sowat 31kg gestyg.  Kiepie monitor sy ooie se prestasie deeglik. Elke agt maande skeer hy gemiddeld 3.75kg wol per skaap (lammers ingesluit). Verwerk tot 12 maande wolgroei is dit 4,88kg per skaap. Sy skeersel se gemiddelde veseldikte het van 21.6 tot 20.4 verbeter. Sy lammerwol toets deesdae 17.2 mikron. Hy is oortuig daarvan: “Ek het die regte pad saam met Konsortium-Merino ingeslaan.”
Vorige: Kontrak
website design & website hosting by nellen.co.za website engineers