
'n Unieke vennootskap wat in 1996 tussen vier Merinotelers van Victoria-Wes om ‘n braaivleisvuur bekragtig is, het die geboorte van die Konsortium-Merino ingelui en sedertdien een van die Merinobedryf se grootste genetiese suksesse opgelewer.
Toe Gawie van Heerden van Dombietersfontein-Merino’s, John Luscombe van Grove-Merino’s, Vetties Esterhuizen van Victoria-Merino’s en Lukie Erasmus van Brandewynskuil ooreengekom het om hul top stoetramme voortaan te verpoel, was dit die begin van ‘n suksesverhaal wat reeds talle van Suid-Afrika se silwer en goue meriete vaars opgelewer het. Vandag verkoop Konsortium jaarliks die meeste Merinoramme op amptelike veilings in ons land en spog met die SA rekordomset vir ‘n Merinoramveiling.
Met die afsterwe van Lukie Erasmus het sy seun, Christo, in 2001 sy pa se skoene gevul. In 2002 het Phil van der Merwe, na 42 jaar as skaap- en woldeskundige in diens van BKB, sy tuig neergelê en hom as vyfde teler by die span aangesluit.
Besoek asb. die volgende: