skip to content

Site in English  
  • Nog n SA rekord - 333 ramme verkoop!

    2013-02-21

    Die groep het op hul 24ste produksieveiling â??n nuwe SA rekord opgestel deur die meeste ramme op een Merinoveiling te verkoop.

  • Nog 'n skaapspesialisNog 'n skaapspesialis picture

    Konsortium-Merino het sy tweede skaapspesialis aangestel. Tommie Calldo sal voortaan saam met Cobus Vivier gehalte by ons boere verseker, sodat die mark met vrymoedigheid Konsortium-genetika, -wol en -vleis koop.

  • Nuwe oorplaatjies

    2012-10-06

    Konsortium-Merino spog met â??n nuwe oorplaatjie, wat beloof om baie meer gebruikersvriendelik te wees.

  • Ons eie Konsortium-Merino kruipvoer

    2012-09-18

    Dit voldoen aan jong lammetjies se voedingsbehoeftes en is sedert September 2012 by koöperasies landswyd te koop.

  • Kry 'n aandeel in ons sukses

    2012-09-10

    Die Konsortium-Merino handelsmerk produseer groot hoeveelhede wol, vleis en velle van gehalte, maar nie naastenby genoeg om in die vraag na die produkte te voorsien nie. Hoe nou gemaak?

  • Hoogste prys nogHoogste prys nog picture

    HL Kitshoff en Seuns van Moorreesburg het die hoogste prys van R54 000 op Konsortium-Merino se 23ste produksieveiling betaal. Dit is die meeste geld wat nóg vir â??n Konsortium-Merinoram betaal is.

View All News  |  View Archived News

Die Maatskappy

In 2001 het Konsortium-Merino as vier telers met 78 ramme op een veiling afgeskop. Vandag verkoop die groep die meeste ramme op amptelike veilings in Suid-Afrika en het die SA rekordomset vir ‘n Merinoramveiling reeds ses keer verbeter.

As uitvloeisel van hul groei en strewe na uitnemendheid is die Konsortium-Merino maatskappy in Mei 2005 gestig. Die aandeelhouers is John Luscombe, Gawie van Heerden en die WS van Heerden Familietrust.

Die Konsortium-span se passie en entoesiasme vir hul Merino's is aansteeklik. Vermeng dit met ‘n deurdagte besigheidsplan, toewyding en integriteit en jy besef gou hier is ‘n wenresep aan die broei. Hierdie groep het visie. Hulle fokus op die verbetering van die Konsortium-Merinotipe, en die uitbouing van hul handelsmerk om groei en goeie geld vir almal in die Konsortium-familie te verseker.

Besoek asb. die volgende:
website design & website hosting by nellen.co.za website engineers