skip to content

Site in English  
  • Nog n SA rekord - 333 ramme verkoop!

    2013-02-21

    Die groep het op hul 24ste produksieveiling â??n nuwe SA rekord opgestel deur die meeste ramme op een Merinoveiling te verkoop.

  • Nog 'n skaapspesialisNog 'n skaapspesialis picture

    Konsortium-Merino het sy tweede skaapspesialis aangestel. Tommie Calldo sal voortaan saam met Cobus Vivier gehalte by ons boere verseker, sodat die mark met vrymoedigheid Konsortium-genetika, -wol en -vleis koop.

  • Nuwe oorplaatjies

    2012-10-06

    Konsortium-Merino spog met â??n nuwe oorplaatjie, wat beloof om baie meer gebruikersvriendelik te wees.

  • Ons eie Konsortium-Merino kruipvoer

    2012-09-18

    Dit voldoen aan jong lammetjies se voedingsbehoeftes en is sedert September 2012 by koöperasies landswyd te koop.

  • Kry 'n aandeel in ons sukses

    2012-09-10

    Die Konsortium-Merino handelsmerk produseer groot hoeveelhede wol, vleis en velle van gehalte, maar nie naastenby genoeg om in die vraag na die produkte te voorsien nie. Hoe nou gemaak?

  • Hoogste prys nogHoogste prys nog picture

    HL Kitshoff en Seuns van Moorreesburg het die hoogste prys van R54 000 op Konsortium-Merino se 23ste produksieveiling betaal. Dit is die meeste geld wat nóg vir â??n Konsortium-Merinoram betaal is.

View All News  |  View Archived News

Tuisblad

Die Konsortium-span open vandag vir jou die deure na hul wêreld: die wye, oop vlaktes van die Karoo, waar hulle met toewyding en trots ‘n top Merino teel. Díe barre deel van Suid-Afrika word deur droogtes geteister en deur temperature van uiterstes gekenmerk. Die somers is warm (40+°C) en die winters daal onder vriespunt. Dis in hierdie harde wêreld waar die Konsortium-Merino sy ware kleure toon.

Die Merino het die vermoë om in ekstensiewe toestande 'n winsgewende inkomste vir sy eienaar te verseker. Menige boer in Suid-Afrika behaal landswyd met Konsortium-Merino sukses en kom keer-op-keer terug vir meer. Soos wat jou omgewing en sy gepaardgaande voeding verbeter, sorg Konsortium-Merino dat hy sy produksievermoë dienooreenkomstig verbeter - sonder om in veseldikte te spring.

Kom deel vandag in die visie van die Konsortium-span. Ervaar hul entoesiasme en passie. Stap die pad waarlangs hul Merino-drome 'n werklikheid word.

Only as high as I reach can I grow…Only as far as I seek can I go…Only as deep as I look can I see…Only as much as I dream can I be.  Anon

  • Die Merino

    Die Konsortium-Merinotelers is besig met die “fine tuning” van die ideale dubbeldoel-Merino - ‘n groot karkas met medium tot fynwol van gehalte, wat vrugbaar is en landswyd aanpas. Dat hul op die regte pad is, word deur hul boerderysyfers, tevrede kopers en ‘n landswye aanvraag na hul gladdelyf-Merino bevestig.

  • Die Telers

    'n Unieke vennootskap wat in 1996 tussen vier Merinotelers van Victoria-Wes om ‘n braaivleisvuur bekragtig is, het die geboorte van die Konsortium-Merino ingelui en sedertdien een van die Merinobedryf se grootste genetiese suksesse opgelewer. Toe Gawie van Heerden van Dombietersfontein-Merino’s, John Luscombe van Grove-Merino’s, Vetties Esterhuizen van Victoria-Merino’s en Lukie Erasmus van Brandewynskuil ooreengekom het om hul top stoetramme voortaan ...

  • Vinnige Feite

    Konsortum-Merino span die natuur in as vernaamste klasser en teel ‘n skaap wat lyk soos Moeder Natuur dit wil.Die span glo in die opheffing en ontwikkeling van hul mense. Hul bied volwasse onderrig aan 30 van hul arbeiders deur gebruik te maak van multimedia programme.Konsortium-Merino is die eerste Merinostoetery in Suid-Afrika om sy eie kliënteraadgewers aan te stel en sodoende ...

website design & website hosting by nellen.co.za website engineers