skip to content

Saam bied ons meer
http://www.konsortium-merino.com/PageImages/259514366_370_370.jpg
Teken In





Registreer  |  Vergete Sleutelwoord

Welkom by Konsortium-Merino

Die Konsortium-span open vandag vir jou die deure na hul wêreld: die wye, oop vlaktes van die Karoo, waar hulle met toewyding en trots ‘n top Merino teel. Díe barre deel van Suid-Afrika word deur droogtes geteister en deur temperature van uiterstes gekenmerk. Die somers is warm (40+°C) en die winters daal onder vriespunt. Dis in hierdie harde wêreld waar die Konsortium-Merino sy ware kleure toon.

Die Merino het die vermoë om in ekstensiewe toestande 'n winsgewende inkomste vir sy eienaar te verseker. Menige boer in Suid-Afrika behaal landswyd met Konsortium-Merino sukses en kom keer-op-keer terug vir meer. Soos wat jou omgewing en sy gepaardgaande voeding verbeter, sorg Konsortium-Merino dat hy sy produksievermoë dienooreenkomstig verbeter - sonder om in veseldikte te spring.

Kom deel vandag in die visie van die Konsortium-span. Ervaar hul entoesiasme en passie. Stap die pad waarlangs hul Merino-drome 'n werklikheid word.

Only as high as I reach can I grow…Only as far as I seek can I go…Only as deep as I look can I see…Only as much as I dream can I be.  Anon

Vinnige feite

  • In 2001 het Konsortium-Merino met 78 ramme op een veiling afgeskop. Vandag verkoop hulle jaarliks die meeste ramme op amptelike veilings in Suid-Afrika - tot soveel as 311 ramme per veiling, en 670 per jaar.  ...  lees meer

  • Konsortium-Merino is die eerste Merinostoetery in Suid-Afrika om sy eie kliënteraadgewers aan te stel en sodoende waarde tot sy boere se besighede te voeg.  ...  lees meer

  • Die span glo in die opheffing en ontwikkeling van hul mense. Hul bied volwasse onderrig aan 30 van hul arbeiders deur gebruik te maak van multimedia programme.  ...  lees meer

  • Konsortum-Merino span die natuur in as vernaamste klasser en teel ‘n skaap wat lyk soos Moeder Natuur dit wil.  ...  lees meer