

Company or farm name: Dombietersfontein
Region: Victoria-West
Ek is die 5de geslag wat op Dombietersfontein, Victoria-Wes, boer. My passie vir die Konsortium-Merino is onblusbaar. Ek beywer my vir die vestiging van díe tipe op plase landswyd. Sal dit nie lekker wees nie as ons oor 10 jaar kan sê: Suid-Afrika is Konsortium-wêreld.
My maat is Madelaine van Heerden en ons het 3 pragtige blomme: Nicola, Maretha en Wilmi. My wens is dat hulle ook eendag hul drome in die Konsortium-familie kan uitleef.