Voordele
Hier is rede genoeg om ‘n Konsortium-ram vir jou stoet of kudde te oorweeg:
-
Konsortium se telersvennootskap haal die raaiwerk uit Merinoteling deur doelgerigte, individuele parings met tot 6000 stoetooie jaarliks, wat ‘n wye keuse van topgehalte verkoopsramme aan die mark verseker.
-
Twee produksieveilings word jaarliks in Februarie en in September op Dombietersfontein aangebied. Konsortium-ramme is ook op die Marlow-Merinoveiling, in Februarie, te koop.
-
Slegs die nageslag van top stoetooie, wat met goeie bouvorm- en wol-eienskappe spog, word op veilings te koop aangebied.
-
Besoeke aan honderde kopers die afgelope jare bevestig Konsortium-ramme se positiewe impak op ander kuddes.
-
Kuddeboere is veral opgewonde oor die verbetering van hul tipe (bouvorm & karkas) en wol (mikron, lengte, kwaliteit) sedert hul Konsortium-ramme inspan.
-
Met soveel getuigskrifte in die sak, skroom die Konsortium-span nie om vooruitgang, resultate en gepaardgaande winste met hul Merino te waarborg nie.
-
Díe aanpasbare Merino verseker groei en gevolglik grootte.
-
Vanweë die tipe se beter groeivermoë en vleisbouvorm kan ‘n boer sy Merinolammers vroeër bemark.
-
In normale jare kan ‘n vyf maande oue hamellam op natuurlike veld 18kg tot 20kg aan die hak weeg. (swaarder onder hoër voeding)
-
Die Konsortium-Merino se karkas kompeteer flink met die van vleisrasse.
-
Die dubbeldoel-tipe skakel die behoefte om kruisteling te doen, uit.
-
Konsortium-Merino se vag is ‘n uitvoerproduk van gehalte.
-
Die skaap se wollengte is van só ‘n aard dat ‘n boer elke agt maande ‘n A of goeie B-lengte kan skeer.
-
‘n Lae mikron, goeie skoonopbrengs en gemaksfaktor verseker verder dat wolkopers ‘n premie vir díe wol betaal.
-
Konsortium-teling verbeter boere se lampersentasies sodanig dat hulle surplusvee het om te verkoop.
-
Die surplusvee is ‘n eenvormige tipe, wat as boerskaap bemark kan word.
-
Die gladdelyf-Merino stel ‘n boer in staat om sy seleksiedruk só te verhoog dat hy sy ooie na slegs vier lam-kere kan verkoop. Slagwaarde word dus in boerwaarde omskep.
-
Die Konsortium-span voeg waarde toe tot hul Merinoproduk deur ‘n raadgewersdiens aan sy boere te bied.