In 2001 het Konsortium-Merino met 78 ramme op een veiling afgeskop. Vandag verkoop hulle jaarliks die meeste ramme op amptelike veilings in Suid-Afrika - tot soveel as 311 ramme per veiling, en 670 per jaar.
Hulle het die rekord-omset vir ‘n Merinoramveiling reeds ses keer in 'n ry verbeter.
Meer as 3 100 Merino-ooie met 15 Konsortium-ramme gepaar, is die grootste Merino-nageslagtoets wat nóg in Suid-Afrika aangepak is.
Konsortium-Merino is die eerste Merinostoetery in Suid-Afrika om sy eie kliënteraadgewers aan te stel en sodoende waarde tot sy boere se besighede te voeg.
Konsortum-Merino span die natuur in as vernaamste klasser en teel ‘n skaap wat lyk soos Moeder Natuur dit wil.
Besoeke aan honderde gelukkige kopers die afgelope jare bevestig Konsortium-ramme se positiewe impak op ander kuddes.
Slaglammers word in normale jare, van die veld af, op 30 - 40kg gespeen. In goeie jare kan hulle tot 50kg weeg.
Die vyf Konsortium-stoettelers se kuddes se gemiddelde skeerselveseldiktes wissel tussen 18.5 en 19.5 mikron.
Wissellammers skeer 16.1 - 17.2 mikron wol.
Die span glo in die opheffing en ontwikkeling van hul mense. Hul bied volwasse onderrig aan 30 van hul arbeiders deur gebruik te maak van multimedia programme.